Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAKP speel met vuur – Mantashe
Gwede Mantashe.Foto: Jabu Kumalo

Die besluit van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) om later vandeesmaand aan tussenverkiesings in die Metsimaholo-munisipaliteit in die Noord-Vrystaat deel te neem, is moeilikheid soek.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdagmiddag op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê die SAKP se besluit is betreurenswaardig – veral omdat hy dit doen in ’n “grensgeval-munisipaliteit” soos Metsimaholo, wat dorpe soos Sasolburg, Oranjeville en Deneysville insluit, waar die ANC en sy bondgenoot, die Metsimaholo Community Association, net soveel setels het soos die DA, VF Plus en die EFF.

Die ANC en die SAKP is haaks oor onder meer die leierskap van pres. Jacob Zuma. Die situasie het vererger toe Zuma onlangs dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, uit sy kabinet geskop het.

Nzimande het die aankondiging in die naweek op ’n Rooi Oktober-byeenkoms in KwaZulu-Natal gedoen.

“Wanneer jy ’n parallelle span toelaat om in ’n plek soos Metsimaholo ’n verkiesingsveldtog te voer, is dit soos om petrol op die vuur te gooi,” sê Mantashe.

Hy sê dit is belangrik dat die ANC, die SAKP en Cosatu so gou moontlik vergader, want dit is belangrik vir die ANC dat die alliansie sterk bly.

* Mantashe sê die ANC verwelkom die Heher-kommissie se verslag oor die ondersoek na hoër onderwys, maar daar is heelparty aspekte in die verslag wat die party bekommer.

Hy hoop die regering sal dié aspekte oorweeg voordat hy op die kommissie se voorstelle reageer.

“Die verslag skiet tekort omdat dit nie aandag gee aan sleutelaspekte van die ANC se progressiewe agenda vir hoër onderwys nie.

“Gratis onderwys vir die armes en die werkersklas is nie onder bespreking nie. Dit is ’n beleidsbesluit wat die ANC al lank gelede geneem het.”

Die ANC doen ’n beroep op die regering om die voorstel vir ’n kostedelingmodel te verwerp omdat dit studente nog verder in die skuld sal dompel, sê Mantashe.

Meer oor:  Sakp  |  Gwede Mantashe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.