Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAKP wil Blade en ander glo finaal uitwerk

Daar sal na verwagting probeer word om van onder andere Blade Nzimande as leier ontslae te raak op die vierde spesiale nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) wat Maandag begin het.

Na verneem word, gaan van die SAKP-lede, wat al sedert 2017 van Nzimande as die party se sekretaris-generaal ontslae wou raak, dit op hierdie kongres sterk dryf.

Van hulle wil hê die kongres moet verkiesings hou en dat Nzimande moet kies tussen ’n pos in Cyril Ramaphosa se kabinet, of om voltyds vir die SAKP te werk.

Talle provinsies het dit voor Maandag duidelik gestel dat hulle “eerlike en openlike” gesprekke oor ’n nuwe lewe vir die party in die gemeenskap wil hê.

“Ons kan nie net gewoon aangaan terwyl magte van neo-liberalisme voortgaan om ons aan te val en dit wat die werkersklas in die nasionale demokratiese revolusie bereik het te verloor nie,” lui ’n verklaring van die Wes-Kaapse SAKP.

Volgens die provinsie moet die party se voltydse kapasiteit bevestig en versterk word.

Gauteng het op sy beurt gewaarsku teen die wegbreek van groepe uit die party.

“Ons moet leer uit ondervindings wêreldwyd dat enige opportunisme en linkse kinderagtigheid verwarring kan bring en revolusionêre magte verswak en verdeel,” lui hul dokumente.

Alex Mashilo, nasionale woordvoerder van die SAKP, het gesê die kongres sal kyk na die veranderinge wat daar was en sal strategieë oorweeg om die nuwe omstandighede te hanteer.

In die SAKP se voorlopige besprekingsdokument word ’n donker prentjie geskets van die ANC se kanse om in die munisipale verkiesings in 2021 en die algemene verkiesing in 2024 te wen.

Meer oor:  Blade Nzimande  |  Sakp  |  Leierskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.