Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAL kry gou nuwe uitvoerende hoof, sê Gordhan

Die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal na verwagting einde Maart ’n vaste uitvoerende hoof hê.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het dit onthul in ’n brief aan Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, waarin hy uitstel vra om die SAL se volledige korporatiewe plan vir die volgende drie jaar by die parlement in te dien.

Pravin Gordhan.

In die brief sê Gordhan dit word ingevolge toepaslike wetgewing van die SAL verwag om sy korporatiewe plan vir die volgende drie boekjare, van 2017-’18 tot 2019-’20, in te dien.

Gordhan voer aan dat die SAL in samewerking met ’n herstruktureringsadviseur en -beampte tans die lugdiens se langtermynstrategie en korporatiewe plan hersien. Dit sal einde Junie afgehandel wees.

“Daar word ook verwag dat die proses om ’n uitvoerende beampte vir die SAL aan te stel, teen einde Maart 2017 afgehandel sal wees.

“Dit sal verseker dat hy of sy aan die korporatiewe beplanningsproses kan deelneem.”
Gordhan vra om dié rede vir Mbete of hy net die korporatiewe plan vir die boekjaar 2017-’18 kan indien.

Die res sal teen 31 Julie ingedien word.

Intussen het Alf Lees, DA-woordvoerder oor finansies, Donderdag in reaksie hierop gesê: “Die feit dat die aanstelling van die uitvoerende beampte nog nie afgehandel is en die minister aansoek doen om af te wyk van die plan om die SAL se (volledige) korporatiewe plan in te dien, is ’n aanduiding van die chaos en regsimplikasies wat geskep is deur die vorige direksie onder leiding van Dudu Myeni.”

Myeni se termyn as direksievoorsitter is verlede jaar hernu toe ’n nuwe direksie ook vir die SAL aangestel is.

Gordhan het verlede jaar ook vir Mbete versoek om die SAL se finansiële state en jaarverslag later in te dien as wat vereis word.

Vroeër is ook berig hoe die SAL na verwagting ’n verlies van R3,5 miljard in 2017 gaan ly. Dit is R2 miljard meer as die verlies van R1,5 miljard wat in 2016 gely is.

Dit nadat daar vroeër verwag is dat die lugdiens se verlies vir 2017 net R1,7 miljard sal wees.

Meer oor:  Saa  |  Sal  |  Pravin Gordhan  |  Dudu Miyeni  |  Gou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.