Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAL se sakeredders ‘moet met LP’s kom praat’

Die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal genooi word om ’n voorlegging oor hul planne aan LP’s te doen.

Dit kom nadat die SAL Dinsdag 19 plaaslike en internasionale vlugte gekanselleer het te midde van samewerking tussen hom en die nasionale tesourie om ’n reddingsboei vir die lugdiens te kry.

Khaya Magaxa, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings, het Woensdag in ’n verklaring gesê die komitee sal die sakereddingspraktisyns nooi om oor hul planne en programme vir die SAL te kom praat.

Khaya Magaxa, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings.Foto: MELINDA STUURMAN

Die SAL het Maandag nog aangedui dat sy bedrywighede soos normaal voortgaan ten spyte daarvan dat hy teen Sondag nog nie die R2 miljard van die regering, wat hy dringend ingevolge ’n ooreenkoms vir sy sakeredding benodig, kon kry nie.

Die lugdiens is verlede jaar onder sakeredding geplaas.

Magaxa het gesê die komitee vereis ’n weldeurdagte strategie in plaas van ’n benadering wat op ’n ad hoc-grondslag of deur krisisse gelei word. Die komitee sal ’n benadering bespreek wat gesprekke met verskillende rolspelers sal insluit om die SAL se uitdagings te takel.

Cope het Dinsdag op sy beurt gevra dat die regering dringend geld beskikbaar stel om die SAL in die lug te hou.

“Ons moet in dieselfde asem sê dat reddingsboeie nie volhoubaar is nie en stopgesit moet word.”

Die party glo die enigste manier om die SAL aan die gang te hou is dat die staat 60% van sy aandeel aan die private sektor verkoop; geld moet ook beskikbaar gestel word om werkers by te staan wat in die onafwendbare herstrukturering en heropleiding negatief geraak sal word.

Die DA het Dinsdag reeds aangedui dat hy aan die sakereddingspraktisyns sal skryf om oop kaarte met Suid-Afrikaners te speel en te erken dat die lugdiens nie omgedraai kan word nie.

Alf Lees, DA-LP, sê in ’n verklaring dié praktisyns moet dringend by die howe aansoek doen dat die SAL gelikwideer word.

“Die SAL is bankrot en is al lank in dié posisie. Sy skuld beloop tot R20 miljard. Hy het geen kontantreserwes nie en is nie in staat om sy huidige verpligtinge (insluitend salarisse) na te kom nie en benodig steeds meer reddingsboeie wat deur belastingbetalers gefinansier word.”

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Khaya Magaxa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.