Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Samelewing moet houding jeens vroue verander, sê Cele

Die polisie gaan nie die geveg teen geslagsgeweld wen sonder dat die houding jeens vroue in die samelewing verander nie, sê Bheki Cele, minister van polisie.

Hy het Donderdag gepraat op ’n mediakonferensie in Pretoria met die regering se bekendstelling van sy veldtog oor geslagsgelykheid vir Vrouemaand in Augustus.

Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Die Son

Cele het gesê mans in Suid-Afrika ly aan ’n “siekte” wat hulle laat glo hul moet vroue beheer, terwyl vroue eintlik bevoeg is om op hul eie reg te kom en nie beskerming nodig het nie.

Hy het ’n beroep gedoen dat ouers nie hul seuns en dokters verskillend grootmaak nie omdat dit sienings versterk dat vroue minderwaardig is.

“Ouers moenie hul seuns leer dat dit nie hul werk is om skottelgoed te was nie. Hoe seuns hul moeders hanteer, is hoe hulle eendag teenoor hul meisies en vroue sal optree,” sê Cele.

Volgens hom moet mans ook die stilbly-kultuur rakende geslagsgeweld verbreek en praat wanneer vroue deur mans mishandel word.

Hy sê die polisie is besig om sy eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings te versterk deur ekstra hulpbronne daaraan toe te ken. Die interministeriële komitee oor geslagsgeweld sal die eenhede bystaan oor hoe hy sake doeltreffender kan hanteer.

Maite Nkoana-Mashabane, minister van vroue, jeug en mense met gestremdhede, het op die mediakonferensie ’n beroep gedoen dat die patriargie in die samelewing in alle vorme deur mense, ondernemings en burgerregteorganisasies beveg word.

As deel van die regering se program vir Vrouemaand sal die regering “aksie-koalisies” in samewerking met die burgerlike samelewing stig om veranderinge te bewerkstellig en die bemagtiging van vroue te bevorder.

Sy sê die regering is besig om sy nasionale strategiese plan (NSP) oor geslagsgeweld toe te pas, maar het nie veel besonderhede gegee oor hoe dit gedoen word nie.

Pres. Cyril Ramaphosa was Donderdag op ’n vergadering van die komitee teenwoordig toe die departement van justisie voorleggings oor nuwe wetsontwerpe oor geslagsgeweld gelewer het, sê Nkoana-Mashabane.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Pretoria  |  Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.