Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sanco wil Noordwes se gesondheidshoof in hegtenis hê

Die burgerregtegroep Sanco (South African National Civic Organisation) het die Valke gevra om die hoof van die gesondheidsdepartement in Noordwes op aanklagte van korrupsie in hegtenis te neem.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes. Foto: Rapula Mancai

Dit volg op dr. Thabo Lekalakala se bekentenis aan die provinsiale staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) dat hy, sy vrou en ’n paartjie wat familievriende van hulle is, ’n reis na Indië onderneem het wat geborg is deur Mediosa, ’n maatskappy wat mobiele kliniekdienste in Noordwes verskaf en wat met die Guptas verbind word.

Sanco sê die Valke moet ook die rol van Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, ondersoek.

“Die rol van Mahumapelo in hierdie sage, en sy verhouding met die Guptas, moet deeglik ondersoek word, want hy is oënskynlik besig om sy openbare amp te misbruik om hul belange te beskerm,” sê Jabu Mahlangu, Sanco se woordvoerder.

Volgens Mahlangu het Skoor reeds ’n strafregtelike aanklag by die polisie ingedien.

In ’n gesprek met Netwerk24 Sondag, het Mahlangu lede van die provinsiale wetgewer wat aandring op aanspreeklikheid, geprys.

Die minister moet nie deur Mahumapelo se konfronterende houding geïntimideer word nie.

Hy het ook dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, geloof vir sy ondersoek na die dienste wat deur Mediosa gelewer word. Motsoaledi het verlede week, ná ’n besoek aan ’n mobiele kliniek in dié provinsie, gesê die kontrak met Mediosa “is soos ’n kitsbank om geld van die regering te steel” en moet onmiddellik beëindig word.

Mahumapelo het hierop teruggekap en gesê hy gaan nie met die minister praat nie weens sy “populistiese benadering” en sal voortaan met pres. Cyril Ramaphosa en Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, hieroor praat.

“Die minister moet nie deur Mahumapelo se konfronterende houding geïntimideer word nie. Dit laat die oë rek oor sy (Mahumapelo se) motief oor hoe die ondersoek moet ontvou en wie betrokke moet wees.

Dit is niks anders as die plundering van staatsgeld soos gedoen deur straffelose staatsondernemings soos Eskom nie.

“Motsoaledi skuld dit aan ons gemeenskappe in wie se naam die dienste verkry is, asook die Suid-Afrikaanse belastingbetalers, om vreesloos en onpartydig te handel,” het Mahlangu gesê.

Skoor het ook ’n beroep op die nasionale regering gedoen om die provinsiale gesondheidsdepartement onder administrasie te plaas en te ondersoek of die Vrystaatse gesondheidsdepartement dieselfde modus operandi as Noordwes gevolg het om ’n soortgelyke kontrak met Mediosa te sluit.

“As oop aanbiedings nie gevolg is nie en miljoene rande aan die maatskappy voorgeskiet is – soos in Noordwes – moet diegene wat betrokke was en die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies en tesourie-regulasies oortree het, met die met die volle mag van die reg kennis maak,” het Mahlangu benadruk.

Hy sê die voorgeskiete betalings van miljoene rande aan diensverskaffers op alle regeringsvlakke moet ondersoek word as deel van die ondersoek na staatskaping.

“Dit is niks anders as die plundering van staatsgeld soos gedoen deur straffelose staatsondernemings soos Eskom nie.”

Meer oor:  Sanco  |  Skoor  |  Mediosa  |  Jabu Mahlangu  |  Supra Mahumapelo  |  Noordwes  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.