Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAOG, AU moet stem dik maak teen vergrype in Zim

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die Afrika-Unie (AU) moet hulle dringend uitspreek teen die Zimbabwiese regering se onderdrukking van vreedsame betogings teen korrupsie in die land.

Dewa Mavhinga, direkteur van Human Rights Watch in Suider-Afrika, het Donderdag op die menseregteorganisasie se webblad (HYPERLINK) gesê SAOG en die AU moet hul stem dik maak teen die regering se vergrype oor die land heen.

“Dit is belangrik vir hierdie streeksinstellings om sterk boodskappe aan die administrasie van pres. Emmerson Mnangagwa oor te dra. Hulle moet dit duidelik maak dat skendings van mense se regte, die Afrika-handves vir menseregte en ander menseregteverdrae onaanvaarbaar is.”

Volgens Mavhinga het die onderdrukking van aktiviste ’n aanlyn veldtog geïnspireer met die hutswoord #ZimbabweanLivesMatter, wat oor twee dae meer as 700 000 twiets tot gevolg gehad het, maar nóg SAOG of die AU het iets daaroor te sê gehad.

Mavhinga wil hê dat pres. Cyril Ramaphosa, die huidige voorsitter van die AU, druk op Mnangagwa plaas om die onderdrukking te beëindig en respek vir menseregte te toon.

Die Zimbabwe Daily (HYPERLINK) berig dat Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, in ’n onderhoud erken het dat die Suid-Afrikaanse regering bekommerd is oor die situasie in Zimbabwe.

“Ons gaan ’n spesiale sessie hou om oor Zimbabwe te praat. Ons sien wat aangaan en die president is saam met die president van Zimbabwe bekommerd oor wat daar plaasvind en dat dit na Suid-Afrika sal oorspoel. Daarom sal ons Zimbabwiërs help om hul land en hul ekonomie te stabiliseer,” het Magashule gesê.

Ebrahim Rasool, voormalige Wes-Kaapse premier en medestigter van die nieregeringsorganisasie OneAfrica, het Donderdag ook sy kommer oor Zimbabwe uitgespreek. Rasool het gesê waar daar rusteloosheid en desperaatheid onder mense is en daar geen begrip daarvoor getoon word nie, lei dit tot protesoptrede.

Die nuusagentskap Reuters berig (HYPERLINK) die VSA het intussen sanksies teen Kudakwashe Tagwirei, ’n adviseur van Mnangagwa, ingestel.

“Tagwirei en ander Zimbabwiese elite het ekonomiese ontwikkeling ontspoor en die Zimbabwiese bevolking deur korrupsie benadeel,” het Justin Muzinich, die Amerikaanse adjunkminister van finansies, in ’n verklaring gesê. - Human Rights Watch , Zimbabwe Daily en Reuters


Meer oor:  Saog  |  Au  |  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.