Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sassa en Poskantoor moet dooiepunt gou oplos
Bathabile DlaminiFoto: DEAAN VIVIER
Mark BarnesFoto: DEON RAATH

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en die Poskantoor het tot Woensdagaand toe tyd om hul verskille oor ’n kontrak vir die uitbetaling van maatskaplike toelaes uit te sorteer.

Dit is die opdrag wat duidelik geïrriteerde LP’s Dinsdag in die parlement aan dié twee staatsinstellings gegee het wat tans in ’n dooiepunt gewikkel is oor of die Poskantoor die omstrede Cash Paymaster Services (CPS) teen 1 April 2018 kan vervang om die Sassa-toelae aan 17 miljoen begunstigdes te betaal.

ANC- en opposisie-LP’s is angstig dat dié kontrak moet realiseer, siende dat daar net vyf maande oor is voordat CPS uitgefaseer moet word.

Die konstitusionele hof het vroeër beveel dat die huidige CPS-kontrak onwettig is en dat CPS teen 31 Maart 2018 uitgefaseer moet word.

Die Poskantoor beweer egter hy is ten volle toegerus om die hele tender, wat ook bankdienste insluit, te behartig.

Sassa en die Poskantoor is egter die afgelope ruk in onderhandelinge gewikkel nadat slegs ’n deel van die tender onlangs aan die Poskantoor toegeken is, naamlik om ’n inligtingstegnologie-stelsel vir die uitbetaling te ontwikkel.

Die Poskantoor beweer egter hy is ten volle toegerus om die hele tender, wat ook bankdienste insluit, te behartig.

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het dit Dinsdag op ’n gesamentlike sitting van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) en die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling duidelik gemaak dat daar tot dusver geen ooreenkoms bereik is nie en dat Sassa nie deur die Poskantoor “geboelie” sal word oor watter deel van die kontrak dit wil hê nie.

Sy het Maandag in Oos-Londen aangekondig dat die Poskantoor se vermoë beperk is en dat dit nie aan al die vereistes vir die volledige tender voldoen nie. Dlamini het bygevoeg dat die tenderproses vir ander diensverskaffers op 3 November begin.

Die Poskantoor het Dinsdag egter aan die komitees gesê dat ’n aanstellingsdokument vir die uitbetaling van toelae, wat Thokozani Magwaza kort voor sy afdanking as uitvoerende hoof van Sassa met die Poskantoor onderteken het, kragtens die wet steeds bindend is, maar dat die Poskantoor steeds met Sassa daaroor sal onderhandel.

Talle het dit ook duidelik gemaak dat CPS se dienste beëindig moet word, en dat die Poskantoor as staatsinstelling ’n gepaste plaasvervanger is.

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor, het dit aan die komitees duidelik gemaak dat die Poskantoor aan alle vereistes voldoen om die hele tender by CPS oor te neem.

Nadat LP’s opgemerk het dat ’n dooiepunt tussen die partye bereik is, het sommige selfs voorgestel dat die aangeleentheid na die interministeriële komitee oor Sassa-toelae, waarvan pres. Jacob Zuma die voorsitter is, vir ’n oplossing verwys word.

LP’s het egter gesê die krisis sal miljoene Suid-Afrikaners raak en dat dit dringend opgelos moet word. Talle het dit ook duidelik gemaak dat CPS se dienste beëindig moet word, en dat die Poskantoor as staatsinstelling ’n gepaste plaasvervanger is.

Dondo Mogajane, direkteur-generaal in die nasionale tesourie, het gesê die tesourie wil hê dat die R200 miljoen wat maandeliks vir die administrasie van die Sassa-toelae betaal word, drasties gesny moet word. Die tesourie sal nou deel van die onderhandelingsproses wees.

Themba Godi, Skoor-voorsitter, het Sassa en die Poskantoor namens LP’s versoek om dringend te vergader om die dooiepunt op te los en om Woensdag teen 18:00 aan die komitees daaroor verslag te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.