Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sassa moet koste betaal vir aansoek

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en Pearl Bhengu, sy voormalige uitvoerende hoof, moet die koste betaal vir hul dringende aansoek om die kontrak van die private maatskappy Cash Paymaster Services (CPS) te verleng.

Dié bevel is Donderdag deur die konstitusionele hof uitgereik en het betrekking op Sassa se aansoek in Mei vanjaar dat CPS se kontrak vir die uitbetaling van welsynstoelaes met ses maande verleng word.

Dié verlenging verval in September.

Sowat 2,8 miljoen begunstigdes kry hul toelaes in kontant en Sassa was bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo), wat nou die toelaes gaan hanteer, nie die kontantbetalings sou kon hanteer nie.

Die konstitusionele hof het nog nie uitspraak gelewer oor Bathabile Dlamini, voormalige minister van welsyn, persoonlik vir die regskoste in die Sassa-debakel verantwoordelik gehou moet word nie.

Die verlening van die kontrak is op 23 Maart toegestaan.

Regter Leona Theron het in haar uitspraak gesê die “dringendheid” van Sassa se aansoek is “self geskep”.

Bengu is verantwoordelik vir die koste in haar hoedanigheid as voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Sassa en nie in haar persoonlike hoedanigheid nie.

Sassa moet voor 30 September meer as drie miljoen begunstigdes, wat nog van die ou CPS-infrastruktuur afhanklik is, na Sapo oordra. Sassa moet ook die ou Grindrod-kaarte met die nuwe Sapo-kaarte vervang.

Die agentskap het aanvanklik baie stadig gevorder, maar het in Mei en Junie 1,5 miljoen begunstigdes na die nuwe stelsel oorgedra. In Julie is nog 300 000 oorgedra.

Die konstitusionele hof het in 2014 bevind Sassa se kontrak met CPS was onwettig en ongeldig.

* Die konstitusionele hof het nog nie uitspraak gelewer oor Bathabile Dlamini, voormalige minister van welsyn, persoonlik vir die regskoste in die Sassa-debakel verantwoordelik gehou moet word nie.

Die hof het Dlamini in Maart beveel om te verduidelik waarom sy nie persoonlik aanspreeklik gehou moet word nie.

Sy het vroeër teruggekap en gesê die konstitusionele hof het geen mag om ’n kostebevel teen haar uit te reik nie. Sy meen ’n enkele individu behoort nie uitgesonder te word as sondebok vir die situasie waarin Sassa hom bevind het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.