Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sassa: Omstrede CPS eindelik iets van die verlede

Die omstrede Cash Paymaster Services (CPS) is uiteindelik uit Suid-Afrika se stelsel vir maatskaplike toelaes geskop.

ANC- en opposisie-LP’s kon Donderdagoggend in die parlement nie hul opgewondenheid oor CPS se vertrek wegsteek nie. Hulle het die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) wyd geloof omdat hy suksesvol ’n bevel van die konstitusionele hof nagekom het om CPS as diensverskaffer teen 30 September vanjaar uit te faseer.

Sassa en die Poskantoor sal voortaan alle maatskaplike toelaes aan die sowat 17 miljoen begunstigdes uitbetaal.

CPS is die eerste keer in baie jare nie meer saam met ons nie. Ons het die hofbevel nagekom.

Dit volg nadat die konstitusionele hof in Johannesburg vroeër bevind het dat CPS se kontrak om die kontant-toelaes uit te betaal, onwettig is.

Abraham Mahlangu, Sassa se waarnemende uitvoerende hoof, het Donderdag aan die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling in die parlement gesê dit “gee hom groot plesier” om verslag te kan doen dat die maatskaplike toelaes voortaan ingevolge ’n wettige kontrak uitbetaal sal word.

“CPS is die eerste keer in baie jare nie meer saam met ons nie. Ons het die hofbevel nagekom.”

Volgens Mahlangu is Sassa en die Poskantoor nou goed op dreef om die stelsel vir die uitbetalings te stabiliseer, hoewel daar nog verskeie haakplekke is wat uitgestryk moet word.

Mahlangu het gesê die staking deur Sassa-werknemers is vir eers afgestel, maar dat onderhandelinge tussen Sassa en die vakbonde oor die werknemers se eise steeds voortgaan.

Meer oor:  Sassa  |  Cash Paymaster Services  |  Cps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.