Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sassa vs. Poskantoor: Zuma moet dalk ingryp
Pres. Jacob Zuma. Foto: Reuters

Pres. Jacob Zuma sal dalk moet ingryp om die huidige dooiepunt op te los tussen die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) en die Poskantoor oor die kontrak om maatskaplike toelae uit te betaal.

Dit was Dinsdagoggend die oproep van sommige LP’s in ’n gesamentlike sitting van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) en die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling toe dit duidelik geblyk het dat ’n ooreenkoms tussen dié twee staatsinstellings al hoe meer onwaarskynlik lyk.

Dit terwyl nog ’n krisis met die uitbetaling van staatstoelae in die nabye toekoms dreig aangesien die konstitusionele hof vroeër beveel het dat Sassa teen 31 Maart 2018 ’n nuwe diensverskaffer moet aanstel om by die omstrede Cash Paymaster Services (CPS) oor te neem. CPS se huidige kontrak met Sassa is vroeër deur dieselfde hof as onwettig verklaar.

Bathabile Dlamini, beleerde minister van maatskaplike ontwikkeling, het Dinsdagoggend aan die komitee herhaal dat daar geen ooreenkoms met die Poskantoor bereik is nie, omdat daar verskeie vereistes is waaraan die Poskantoor volgens haar nie kan voldoen is nie.

Zuma, van wie Dlamini ’n stoere ondersteuner is, is die voorsitter van hierdie komitee en sal op die ou end ’n besluit moet maak as die komitees die kwessie na die interministeriële komitee sou verwys

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor, het egter aan die komitees gesê dat die Poskantoor wel in staat is om die uitbetaling van toelaes volledig te kan behartig en aan al Sassa se vereistes te kan voldoen.

Dit is toe dat Vincent Smith, ANC-LP, voorgestel het dat die aangeleentheid eerder na die interministeriële komitee verwys word om dit so spoedig moontlik op politieke vlak op te los.

Zuma, van wie Dlamini ’n stoere ondersteuner is, is die voorsitter van hierdie komitee en sal op die ou end ’n besluit moet maak as die komitees die kwessie na die interministeriële komitee sou verwys

Die sitting duur voort.

  •  Volg Netwerk24 vir meer hieroor.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.