Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAUK-8 se skenkings kom nié van Bosasa
Vyf van die SAUK-8: Krivani Pillay, Suna Venter, Thandeka Gqubule, Jacques Steenkamp en Foeta Krige. Foto: News24

In ’n ondersoek na die skenkings van die groep SAUK-joernaliste bekend as die SAUK-agt is bevind daar is geen verband tussen hulle en die omstrede Bosasa-maatskappy nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Deloitte gevra om ’n forensiese ondersoek te doen na die oorsprong van die skenkings wat die SAUK-agt ontvang het.

Dit volg nadat TimesLive in Januarie vanjaar berig het die joernaliste het voordeel getrek uit ’n skenking van R100 000 deur Bosasa om hul lewensonderhoud te betaal ná hul skorsing in 2016 deur Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK.

former SABC COO Hlaudi Motsoeneng
Hlaudi Motsoeneng

Adriaan Basson, nou redakteur van News24, het destyds ’n geldinsameling begin om die joernaliste by te staan.

As deel van sy ondersoek het Deloitte onder meer die inligting van skenkers nagegaan om seker te maak daar is geen verbintenis met Bosasa nie.

Deloitte het ook die inligting by Bosasa se verteenwoordigers van destyds geverifieer om vas te stel of Bosasa wel enige betalings gedoen het soos wat beweer is in die Times-berig.

As deel van die ondersoek het Deloitte toegang gehad tot Sanef se bankrekening, asook dié van Willem de Klerk Prokureurs en Basson, tesourier van Sanef.

Deloitte het ook onafhanklik seker gemaak enige skenking van meer as R100 000 het geen verbintenis met Bosasa nie.

“Ons het nooit enige twyfel gehad dat die geldinsameling enige geld van Bosasa ontvang het nie, maar nou is dit onafhanklik deur ’n forensiese ouditeur bevestig,” sê Basson.

Mahlatse Mahlase, Sanef se voorsitter, sê ’n vergadering sal aangevra word met die redakteurs van TimesLive om die saak te bespreek.

Meer oor:  Bosasa  |  Adriaan Basson  |  Sauk-8  |  Skenkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.