Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAUK behoort nie te begroot vir ANC se verjaardag, sê DA

Die ANC se verjaardagvieringe is nie ’n geleentheid van nasionale belang waarvoor die SAUK moet begroot nie, meen die DA.

Só het Phumzile van Damme, DA-LP, Woensdag in ’n verklaring gesê.

Dit volg nadat Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, in antwoord op ’n skriftelike parlementêre vraag aangedui het dat die SAUK tussen 2014 en 2017 R2,2 miljoen aan die ANC se jaarlikse verjaardagvieringe op 8 Januarie bestee het. Geen bedrag is vir 2018 gelys nie.

Die SAUK het tussen 2014 en 2018 net meer as R3,8 miljoen aan die uitsending van die staatsrede bestee.

So ook die toespraak wat die staatspresident as ANC-leier op die geleentheid lewer.

Van Damme het in haar verklaring gesê die R2,2 miljoen vir die ANC se verjaardagvieringe was meer as die besteding aan die begrotingsrede (R2 miljoen), Wêreld-vigsdag (R1,2 miljoen) en die dekking van Menseregtedag (R1,3 miljoen).

“Ons erken die toepaslikheid daarvan om die viering op 8 Januarie te dek, maar dit is onvanpas dat die SAUK dit as ’n geleentheid van nasionale belang klassifiseer.

“So ook die toespraak wat die staatspresident as ANC-leier op die geleentheid lewer.”

Sy het gesê die SAUK se besteding op die dekking van die geleentheid is ’n skending van sy eie redaksionele beleid.

Volgens haar bepaal dié beleid dat geleenthede van nasionale belang die staatsrede, die begrotingsrede, staatsgeleenthede soos besoeke deur buitelandse hooggeplaastes, staatsbegrafnisse, groot herdenkingsgeleenthede en die verrigtinge van nasionale kommissies van ondersoek kan insluit.

Ander geleenthede wat regstreekse dekking kan regverdig en veranderinge aan die skedule en program kan insluit, is groot parlementêre debatte, die opening van provinsiale wetgewers en belangrike konferensies van groot politieke partye.

“Die redaksionele beleid maak geen melding van partypolitieke verjaardagpartytjies as geleenthede van nasionale belang nie. Dit is in ’n demokrasie belangrik dat die openbare uitsaaier dekking verskaf aan partypolitieke geleenthede, maar die uitsaaier behoort ook gelyke blootstelling te bied aan belangrike geleenthede van alle groot politieke partye,” lui Van Damme se verklaring.

Die DA meen die SAUK behoort geleenthede van nasionale belang te beperk tot die staatsrede, die debat op die staatsrede, die begrotingsrede, staatsbegrafnisse, staatsherdenkingsgeleenthede, die verrigtinge van nasionale kommissies van ondersoek, belangrike konferensies van groot politieke partye en groot aankondigings deur die staatspresident.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Sauk  |  Phumzile Van Damme  |  Begroot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.