Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAUK-protes skep gevaarlike presedent, maan IVP
Lede van die ANC en die EFF betoog Donderdag saam met SAUK-werkers voor die uitsaaier se hoofkantoor in Aucklandpark, Johannesburg. Foto: Gallo

Die Inkantha-Vryheidsparty (IVP) sê die voortgesette protesoptrede by die SAUK skep ’n gevaarlike presedent vir alle ander staatsbeheerde ondernemings wat in die toekoms ook personeel moet aflê.

Die IVP sê in ’n verklaring hy sal Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, vra om dringend ’n onafhanklike maatskappy aan te stel wat in veranderingsbestuur en menslike hulpbronne spesialiseer.

Dié maatskappy moet die SAUK in die proses van herstrukturering- en uitdiensstelling bystaan.

“Dit sal verseker dat finansiële toesig behoorlik in werking gestel word en die regte mense uit diens gestel word.”

Die party sê dit is nodig dat die SAUK herstruktureer word om onder meer sy finansiële posisie te verbeter en minder afhanklik van belastingbetalersgeld te wees.

Die SAUK het vroeër vandeesweek aangekondig dat hy weens finansiële redes sy personeel met 400 moet verminder.

Die EFF het op sy beurt Donderdag gevra dat die SAUK-raad ontbind word en dat die uitsaaier se uitvoerende en bedryfshoofde oor die beplande vermindering van personeel by die uitsaaier geskors word.

Lede van die EFF het ook voor die SAUK se kantore in Johannesburg en Kaapstad saam met ongelukkige werknemers betoog. Die party wil hê dat die SAUK sy besluit om sy personeel te verminder herroep.

Die ANC en sy alliansievennote het hulle ook vroeër by die betogende werkers van die uitsaaier geskaar.

ANC-lede was ook Donderdag onder die betogers voor die SAUK se hoofkantoor in Aucklandpark, Johannesburg.

Cope-lede het ook saam met die SAUK-werkers betoog.

’n Betoger Donderdag voor die SAUK se kantoor in Seepunt, Kaapstad. Foto: Gallo

Meer oor:  Afleggings  |  Protesoptog  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.