Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
'Saxonwold is gesluit, hul ministers moet uit'

Watter ministers pres. Cyril Ramaphosa moet uitskop en wie hy in sy kabinet moet aanstel was Maandag ’n sentrale tema in die debat op sy staatsrede.

Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, het in sy spreekbeurt in die debat in die Nasionale Vergadering gesê sommige ministers het hul kantoor in Pretoria gesluit en uit Saxonwold, waar die Guptas se woonkompleks in Johannesburg is, gewerk.

Floyd Shivambu. Foto: Jaco Marais

“Ek weet nie wat nou gaan gebeur nie omdat die hoofkantoor in Saxonwold gesluit is.”

Hy het gesê die departemente van finansies, mynbou, openbare ondernemings, staatsdiens en administrasie, kommunikasie, samewerkende regering en tradisionele sake en energie het hul leiding uit Saxonwold gekry.

“Waarom is dié ministers steeds in hul pos? Hulle moes al gister weg gewees het.”

Shivambu het namens die EFF gevra dat Ramaphosa sekere ministers verwyder.

“Des van Rooyen moet gaan. Mosebenzi Zwane moet gaan. Faith Muthambi moet val. Nomvula Mokonyane moet val. Lynne Brown moet val. Ben Martins moet val, Bathabile Dlamini en Joe Maswangani moet val. Bongani Bongo moet val. David Mahlobo moet val. Al die ministers het die een of ander verhouding met die Gupta- misdaadsindikaat,” het hy onder luide aanmoediging van die EFF-LP’s gesê.

Die ministers wat Shivambu genoem het, word almal beskou as lojaliste van oudpres. Jacob Zuma. Die meeste van hulle was teenwoordig tydens die debat oor die staatsrede.

Mmusi Maimane, DA-leier, het vroeër in die debat Ramaphosa se planne om die kabinet te verklein verwelkom en gesê dit is moontlik dat Suid-Afrika suksesvol bestuur kan word met net 15 ministers. Dit kan Suid-Afrika volgens hom jaarliks sowat R4,7 miljard spaar.

Wys aan Suid-Afrika dat jy regtig ernstig is oor die stryd teen korrupsie in jou party en steek vir Bathabile Dlamini, Faith Muthambi, Mosebensi Zwane, Malusi Gigaba, Des van Rooyen, David Mahlobo en Bongani Bongo in die pad.
Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, aan die nuwe president

“Ek weet dit is moeilik, want daar is patronaatskap om in gedagte te hou. Maar laat ek dit makliker maak. Begin by die ministers wat bewys het dat hulle gekompromitteer is.

“Wys aan Suid-Afrika dat jy regtig ernstig is oor die stryd teen korrupsie in jou party en steek vir Bathabile Dlamini, Faith Muthambi, Mosebensi Zwane, Malusi Gigaba, Des van Rooyen, David Mahlobo en Bongani Bongo in die pad,” het hy gesê.

Julius Malema, EFF-leier, het in Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, se toespraak Ramaphosa se aandag daarop gevestig dat hy ’n potensiële minister is.

Ahmed Shaik Imam, NFP-LP, het Ramaphosa aangeraai om te verseker dat dié wat hy vir sy kabinet kies, mense met integriteit is.

Meer oor:  Floyd Shivambu  |  Cyril Ramaphosa  |  Saxonwold  |  Ministers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.