Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Seksklag teen Mabe: ANC moet R50 000 opdok
Pule Mabe, ANC woordvoerder. Foto: Felix Dlangamandla

Die ANC moet R50 000 opdok nadat hy ’n skikkingsooreenkoms buite die hof met sy party-woordvoerder, Pule Mabe, se persoonlike assistent aangegaan het.

Die ooreenkoms is voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aangegaan.

Kgoerano Kekana (26) het Mabe van seksuele teistering beskuldig.

City Press het Sondag berig hy het ’n KVBA-dokument met die uiteinde van die geskil gesien wat 3 April gedateer is.

Kgoerano Kekana het die paneel daarvan beskuldig dat hy agt getuies geïgnoreer het wat haar weergawe van die gebeure kon staaf.

In die dokument het die kommissaris aangekondig dat die geskil tussen Kekana en die ANC op 27 Februarie 2019 opgelos is.

Mabe, wat in ’n stadium “met langverlof” was hangende die uitkoms van ’n ondersoek, het die bewerings dat hy en Kekana in die verlede ’n intieme verhouding gehad het ten sterkste ontken.

News24 het in Februarie berig die ANC se griefpaneel oor seksuele teistering het bevind Mabe het niks verkeerds gedoen nie.

Kekana het die bevindinge verwerp en besluit om die KVBA te nader.

Sy het die paneel daarvan beskuldig dat hy agt getuies geïgnoreer het wat haar weergawe van die gebeure kon staaf.

Verlede jaar het Kekana ’n brief ingedien wat besonderhede van die beweerde seksuele teistering gegee het.

Sy beweer Mabe het in twee voorvalle vroeër vanjaar teen haar sin by haar in die bed ingeklim.

Nadat sy hom geweier het, is sy ’n geruime tyd sleg by die werk behandel, het sy toe gesê.

Meer oor:  Kvba  |  Pule Mabe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.