Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Senzo kan nie sê of beurtkrag hom raak

Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie, wou nie Maandag uitdruklik sê of hy in sy amptelike hoedanigheid as minister deur beurtkrag geraak word of nie.

Hy is hieroor uitgevra in die lig van Eskom wat verlede week begin het om beurtkrag landwyd toe te pas weens onder meer ’n gebrek aan opwekkingsvermoë en om die kragnetwerk teen ineenstorting te beskerm.

Joernaliste wou by Mchunu weet of hy die gerug kan bevestig dat ministers nie geraak word deur beurtkrag nie.

Hy het geantwoord dat Eskom verantwoordelik is vir beurtkrag en dat die departement van openbare ondernemings en energie beter weet hoe dit werk. “Sover as wat ek weet selekteer hulle nie. Hulle weet nie waar ministers woon of waar hulle is nie. Jy sien net woorde oor jou skerms dat jy deur beurtkrag geraak word op ’n gegewe tyd. So dit raak almal van ons.”

Hy sê sy persoonlike huis in KwaZulu-Natal het nie ’n kragopwekker nie. “Ek wens dalk om een te hê, maar ek het nie een nie. My ma se huis waar ek grootgeword het ook nie ’n kragopwekker nie. Ek het nóg nie daarby uitgekom om vir haar een te koop nie. Ek het nie ’n kragopwekker nie.

“Wat die amptelike woning in Kaapstad betref - om presies te wees – ek weet nie of daar ’n kragopwekker is nie. Ek sal navraag doen oor of daar ’n kragopwekker in die huis is, daarom is die kwessie oor of ek vir een betaal het of nie, nie ter sprake in dié stadium nie.”

Toe hy deur joernaliste gedruk is vir ’n antwoord oor of hy ooit in een van sy amptelike wonings deur beurtkrag geraak is en hom dus sonder elektrisiteit gelaat het, het Mchunu geantwoord: “Ek het gesê ons word ook geraak deur beurtkrag oral waar ons woon in ons wonings.

“Beurtkrag ken nie enige minister nie. Dit ken nie enige staatsamptenaar nie. Ek was een van die laaste ministers om in ’n staatswoning te trek en het nie kans gehad om vas te stel of daar ’n kragopwekker is of nie. Ons woon daar vir drie aande, soms vir een aand.”

Meer oor:  Senzo Mchunu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.