Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Setsoto se ‘Lesotho’-burgemeester bedank

Nthateng Maoke, omstrede uitvoerende burgemeester van die Setsoto-munisipaliteit (Ficksburg, Marquard, Senekal en Clocolan) het bedank.

Komane Koalane, nuwe burgemeester van die Setsoto-munisipaliteit by Ficksburg. Foto: Facebook

Dit het vroeër aan die lig gekom dat sy glo ’n burger van Lesotho is en dus nie kwalifiseer om ’n burgemeester in Suid-Afrika te wees nie.

Sugar Ramakarane, munisipale bestuurder van Setsoto, sê Komane Koalane, wat reeds by die munisipaliteit werk, is in haar plek as burgemeester aangestel.

Op die vraag of Maoke terug na Lesotho is omdat die swaard van deportering oor haar kop hang, sê Ramakarane hy glo nie dit is die geval nie.

“Sy appelleer teen dr. Aaron Motsoaledi (minister van binnelandse sake) se beslissing dat sy gedeporteer moet word. Die saak is sub judice.”

Netwerk24 het vroeër berig Maoke is volgens die departement van binnelandse sake nie ’n Suid-Afrikaanse burger nie en die departement wou ’n deporteringsbevel op haar bedien. Sy was egter nie by die werk toe amptenare daar opdaag om dit te doen nie.

Nthateng Maoke, voormalige burgemeester van die Setsoto-munisipaliteit wat nou bedank het. ’n Storm woed oor haar kop omdat daar beweringe is dat sy ’n Lesotho-burger is. Foto: Facebook

Volgens Siya Qoza, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het sy haar ook tot die hof gewend om te appelleer teen die departement se bevinding dat sy na Lesotho gedeporteer moet word. Haar lot is dus nou in die hande van die hof.

Meer oor:  Lesotho  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.