Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sharpeville: ‘1 setlaar, 1 koeël’ weer gesing

“Een setlaar, een koeël,” het lede van die PAC Donderdag op Menseregtedag in die gedenktuin in Sharpeville gesing.

’n Kranslegging is hier gehou ter ere van die 62 mense wat op 21 Maart 1960 in Sharpeville aan die buitewyke van Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek deur die polisie doodgeskiet is.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagoggend ook ’n krans gelê by die gedenkmuur in die gedenktuin.

David Makhura, premier van Gauteng, en Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, was onder andere ook teenwoordig. Hulle het ook kranse gelê.

Lede van die PAC het geopen met skriflesing en gebed en toe vir Jan van Riebeeck as ’n moordenaar uitgekryt.

Pres. Cyril Ramaphosa lê Donderdagoggend ’n krans neer in die Sharpeville-gedenktuin. Foto: Deaan Vivier

Die Vaaldriehoek is al lank een van die PAC se sterkste vestings.

Die PAC het ingekom nadat Ramaphosa sy krans gelê en deur die tuin gestap het. Daar was geen konfrontasie nie.

Die kranslegging het saamgeval met die 25ste herdenking van Menseregtedag.

EFF ook in Sharpeville
Elders in Sharpeville word Julius Malema, EFF-leier, verwag waar hy ondersteuners by die Dlomo-dam gaan toespreek.

Talle EFF-ondersteuners het reeds voor die middag al singende na die gebied begin stroom, berig Bonolo Selebano.

Oudpres. Nelson Mandela het die gedenktuin op 10 Desember 1996 geopen.

Ramaphosa is deur ’n erewag van die presidensiële wag van die weermag ingewag. ’n Orkes het ook gespeel.

Tussen 5 000 en 10 000 mense het op dié dag 59 jaar gelede na die polisiekantoor, enkele meters weg van die gedenktuin, opgeruk om teen die destydse paswette beswaar te maak. Die getal toeskouers het glo in ’n stadium tot 20 000 toegeneem toe die skietery uitgebreek het.

Die ANC sou op 31 Maart 1960 met ’n veldtog teen die paswette begin het, maar is deur die PAC voorgespring wat ’n groot rol gespeel het in die organisering van die optog.

Talle van die omstanders Donderdagoggend het T-hemde van die PAC gedra.

Buiten die 62 mense wat doodgeskiet is, is 180 gewond. Baie van die mense is in die rug gewond.

Dié voorval is wêreldwyd veroordeel. Dit word wyd erken as een van die donkerste dae in die apartheidsgeskiedenis.

Familielede van die oorledenes van die slagting het ook die kranslegging bygewoon.

Ramaphosa sal later Donderdagoggend ’n menseregtedag-byeenkoms in die nabygeleë George Thabe-stadion toespreek.

Meer oor:  Menseregtedag  |  Pac  |  Sharpeville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.