Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Shaun sê binne 10 dae oor Zuma
Shaun AbrahamsFoto: Argief

Adv. Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), sê hy sal binne tien dae besluit of pres. Jacob Zuma op aanklagte van korrupsie, bedrog, afpersing en geldwassery vervolg moet word.

Abrahams het Dinsdag aan die DA geskryf om te sê hy het die aanklaers tot Vrydag 23 Februarie gegee om hul mening aan hom te gee, waarna hy sy besluit bekend sal maak.

Abrahams sê ook hy verwag teen Woensdag ’n regsmening oor of hy Zuma se vertoë in die sogenaamde spioenasiebandesaak met die DA moet deel en hy sal die party Donderdag ’n antwoord hierop gee.

Abrahams sê in die brief hy het menings hieroor van die staatsaanklaers, vier adjunkdirekteurs van nasionale vervolging en sy regspan ingewin, waarna hy die regsmening aangevra het.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het ontvangs van die brief bevestig en sê hulle sien uit daarna dat Zuma uiteindelik sy dag in die hof sal hê.

Hy het die verrigtinge as “pynlik stadig” beskryf, maar sê dit is goed om te weet dat daar darem ’n konkrete proses aan die gang is.

Selfe sê die DA glo hulle is as hoofgedingvoerder daarop geregtig om Zuma se vertoë te sien en sal dit oorweeg om hulle tot die hof te wend indien Abrahams dit nie aan hulle voorsien nie.

Adv. Glynnis Breytenbach, DA-LP, sê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet ophou om tyd te mors.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het Saterdag aan Rapport gesê die organisasie is slaggereed om met die korrupsiesaak voort te gaan en sowat 200 getuies in die saak is reeds opgespoor.

“Ons wag net op die NVG om aan te dui wanneer húlle gereed is,” het hy gesê.

Die spioenasiebandesaak hou verband met Suid-Afrika se wapenaankopeprogram en sloer al langer as ’n dekade. Die DA het die afgelope nege jaar in die hof bestee om te vra dat die vervolging voortgaan.

’n Vroeëre klagstaat het getoon Zuma en sy familie het tussen 1995 en 2005 altesame 783 betalings van meer as R4 miljoen van Schabir Shaik, Zuma se destydse finansiële raadgewer, en sy maatskappye ontvang. Die saak behels 18 hoofaanklagte oor 783 beweerde voorvalle van onder meer korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery.

Meer oor:  Ndov  |  Shaun Abrahams  |  Jacob Zuma  |  Glynnis Breytenbach  |  Valke  |  Vervolging  |  Aankondiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.