Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Shivambu en ander van EFF pluk Netwerk24-fotograaf rond

Die EFF het Dinsdagoggend slaags geraak met 'n videograaf van Netwerk24 op die perseel van die parlement.

Adrian de Kock, die videograaf, was daar saam met ander medialede om te wag op nuus oor die DA se tugverhoor teen Patricia de Lille, die Kaapstadse burgemeester.

Volgens De Kock het Floyd Shivambu van die EFF saam met ander mans in 'n motor stilgehou en uitgeklim. De Kock het hulle toe gevra of hulle daar is vir die De Lille-verhoor of vir iets anders in die parlement.

“Die volgende oomblik het hulle gesê ek moet die foto wat ek van hulle geneem het van my kamera verwyder. Toe het hulle my toerusting probeer gryp en my begin rondpluk,” sê De Kock.

Ander joernaliste op die toneel het die onderonsie afgeneem waarin gesien kan word hoe De Kock teen 'n muur vasgedruk en aangeval word. Van die ander joernaliste het tussenbeide probeer tree.

Hierna het Shivambu en sy trawante van De Kock af weggeloop.

Lees later meer op Netwerk24.

Meer oor:  Patricia De Lille  |  Floyd Shivambu  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.