Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Shut up en luister’ – Ramaphosa ook maar mens

Pres. Cyril Ramaphosa se uitlating in ’n parlementêre sitting aan John Steenhuisen, DA-hoofsweep, dat hy moet “shut up” is ’n teken dat hy ook maar menslik is.

Dit is die gevolgtrekking van prof. Tinyiko Maluleke, politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria.

Pres. Cyril RamaphosaFoto: Jaco Marais

Ramaphosa het Dinsdag in vraetyd in die Nasionale Vergadering verras met dié uitlating wat hy op herhaaldelike tussenwerpsels deur Steenhuisen gemaak het.

Shut up, Steenhuisen, en luister . . . ek wil hê jy moet shut up. Ek wil regtig hê jy moet shut up,” het Ramaphosa gesê terwyl hy voor hom gekyk het.

Hy het dit later teruggetrek, waarop Steenhuisen grappenderwys aan Ramaphosa gesê het dat die parlement nie die NUK (nasionale uitvoerende komitee) van die ANC is nie.

Maluleke het by navraag Ramaphosa se optrede aan die “aard van die parlement” toegeskryf.

“Ek dink ons kan hierin lees dat hy ná alles ook maar net ’n mens is. Ons kan ook daarin lees dat dit is hoe die parlement oor die algemeen werk – daar is tussenwerpsels van lede en soms verloor LP’s hul selfbeheersing en sê goed wat hulle nie behoort te sê nie.

John Steenhuisen, DA-hoofsweep. Foto: Nasief Manie

“Ek dink Steenhuisen het dit ook maklik aanvaar – die president het ook die uitlating taamlik vinnig teruggetrek. Dit is ’n teken dat hy menslik en ook emosioneel kan wees. Dit is die aard van die parlement.”

Hy reken Ramaphosa se hantering van die vraag-en-antwoord sessie was oor die algemeen nie sleg nie. “Hy het sekerlik beter as die raadsvoorsitter (Cedric Frolick) gevaar, wat vinnig was om ’n EFF-LP uit die raadsaal te stuur. Die EFF weet natuurlik hoe om die voorsitter se knoppies te druk,” sê Maluleke.

Prof. Susan Booysen, politieke ontleder aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê Ramaphosa het sterker woorde as gewoonlik gekies, maar sy glo hy was steeds in beheer van die situasie.

“Sy liggaamstaal het my nie oortuig dat hy kwaad of ontstoke was nie. Die LP’s van die DA het met ’n grynslag op hul gesig gesit terwyl hy dit gedoen het. Dit was asof almal besig was om die situasie op humoristiese manier te geniet. Dit het voorgekom asof die DA dit geniet het dat hulle die president kon uitlok om so iets te sê.

“Hulle was geamuseerd daardeur – dit was nie vir my ’n gewone uitbarsting nie. Ramaphosa was steeds in beheer van die situasie,” sê Booysen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.