Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Siek’ Zuma gaan staatsrede Donderdag bywoon

Die parlement het Woensdag bevestig dat “siek” oudpres. Jacob Zuma Donderdag die verrigtinge in die parlement sal bywoon, al word daar wyd berig dat hy té siek is om in die hof te verskyn.

Netwerk24 het verlede week berig dat Zuma se regspan ’n siekbrief by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingehandig het, ter verduideliking vir waarom hy nie in die hof kan verskyn nie, terwyl ’n lasbrief vir sy inhegtenisname ook uitgereik is.

Dié siekbrief sê nie wat fout is met Zuma nie, terwyl die datum waarop die brief uitgereik is, oënskynlik uitgekrap en verander is.

Dit blyk egter dat Zuma nou gesond genoeg is om Donderdag pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede by te woon.

Die regering en parlement het die nuus amptelik Woensdag bekendgemaak en op hul onderskeie Twitter-profiele bevestig dat Zuma die staatsrede sal bywoon.

Dit is die eerste keer dat Zuma die staatsrede bywoon nadat Ramaphosa hom as president in 2018 vervang het.

Zuma sal ook in Mei, wanneer hy weer in die hof verskyn, moet verduidelik hoekom hy nie verlede week in die hof kon verskyn nie.

Oudpres. Thabo Mbeki en oudpres. Kgalema Motlanthe sal ook die staatsrede Donderdag bywoon.


Meer oor:  Staatsrede  |  Oudpres. Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.