Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sinn Fein-leier en Tony Blair besoek Ramaphosa
tony blair
Pres. Cyril Ramaphosa (regs) het Maandag in Londen 'n welwillendheidsbesoek van die voormalige Britse eerste minister Tony Blair ontvang. Foto: GCSI

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in Londen welwillendheidsbesoeke van die voormalige Britse premier Tony Blair en Mary Lou McDonald, leier van die Noord-Ierlandse politieke party Sinn Fein, ontvang.

Ramaphosa was vroeër die dag die hoofspreker op die Financial Times se sesde Afrika-beraad.

Blair, wat van 1997 tot 2007 as Britse premier noue bande met Afrika en Suid-Afrika gehad het, het met Ramaphosa gepraat oor samewerking om beleggings na die land te lok.

Hy en Ramaphosa het ook gepraat oor maniere om regering se vermoë te versterk, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

Blair het destyds goeie verhoudings met oudpres. Nelson Mandela en oudpres. Thabo Mbeki gehad.

McDonald was vergesel van Declan Keary, die party se nasionale voorsitter, en Chris Hazzard, ’n lid van die Britse parlement.

Ramaphosa ken die geskiedenis van die destydse probleme in Noord-Ierland baie goed.

Hy en oudminister Roelf Meyer, die eertydse hoofonderhandelaar van die NP-regering, het in die 1990’s as bemiddelaars in Noord-Ierland opgetree.

Ramaphosa is in 1998 deur die Blair-regering aangestel as wapen-inspekteur in Noord-Ierland.

Ramaphosa sal Dinsdag terug wees in die land.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Afrika-Beraad  |  Tony Blair
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.