Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sisi bestee ‘rekordbedrag’ van R11,6 m. aan rede

Die Vrystaatse premier het byna vyf keer meer geld aan haar provinsiale rede bestee as wat pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede gekos het.

Sisi Ntombela, die premier, het op ’n vraag van die DA geantwoord dat die koste van haar provinsiale rede R9 371 633,56 beloop het.

Sisi Ntombela, Vrystaatse premier.Foto: Mlungisi Louw

Roy Jankielsohn, DA-raadslid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, sê die totale bedrag beloop meer as R11,67 miljoen, indien die R2,3 miljoen wat die wetgewer daarvoor bygedra het, ingereken word.

Ramaphosa se staatsrede het die regering R2,5 miljoen uit die sak gejaag, luidens ’n DA-verklaring.

Jankielsohn sê nadat Ace Magashule as premier weg is, het hy gedink die provinsie sal minder van dié tipe bedrae sien. Hy het daarop gewys dat 75 Hop-huise met die geld gebou kon word en dat die wetgewer juis nie geld vir sulke verkwisting het nie.

“Dis byna ’n rekordbedrag wat besteding op ’n provinsiale rede betref.”

Uit verslae blyk dit dat die grootste bedrag wat die premier bestee het, was vir die spyseniering (R4 358 886) gevolg deur vervoer (R3 069 257) en met ’n media-rekening van R1 900 761.

“Dié bedrag, wat bestee is om die ego van beide Ntombela en Mamiki Qabathe, die speaker, te streel, dui op ’n totale minagting vir die mense van die Vrystaat. Baie van hulle is werkloos en leef in armoede.”

Die begrotings-en-oorsigkomitee het, volgens Jankielsohn, aanbeveel dat daardie bedrag nie aan die openingsrede bestee word nie. Die komitee het voorgestel dat die rede aangebied word in die Vierde Raadsaal wat net ’n beperkte aantal mense kan huisves.

“Ten spyte daarvan het die speaker voortgegaan om met die premier te onderhandel.”

’n Tent wat op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Suid-kampus opgeslaan is, het glo ook die besteding opgestoot.

Volgens Jankielsohn dwing Qabathe die DA om regstappe teen haar te doen.

“Sy het ’n opdrag van die begrotings-en-oorsigkomitee om die kostes te minimaliseer blatant geïgnoreer.”

Meer oor:  Sisi Ntombela  |  Roy Jankielsohn  |  Vrystaat  |  Politiek  |  Provinsiale Rede  |  Wanbesteding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.