Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sitting van Zondo-kommissie uitgestel oor Covid-19

Die Zondo-kommissie se sitting moes Vrydagmiddag inderhaas na middagete uitgestel word, nadat iemand na aan adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, positief getoets is vir Covid-19.

Zondo het aangekondig iemand na aan hom het positief getoets vir Covid-19 en hy moet homself isoleer. Die sitting sal moet verdaag vir Vrydag.

“Dit is die realiteit vir eers. Daar sal ’n weg gevind moet word om vorentoe te gaan. Indien die sittings elke keer ontwrig word, sal dit die werk van die kommissie moeilik maak,” het Zondo gesê.

Die moontlikheid sal ondersoek word dat die sitting met ’n videoskakel kan voortgaan.

Zondo het gesê dat oudpres. Jacob Zuma aangedui het hy gaan nie volgende week getuig nie. Zuma het gesê dit is nie uit disrespek vir die kommissie nie en gesê sy hersieningsaansoek en sy aansoek in die appèlhof is nog aan die gang.

Zondo het gesê hy noem dit nie om Zuma te verskoon nie – dit raak die sittings van volgende week.

“Dit is die realiteit vir eers. Daar sal ’n weg gevind moet word om vorentoe te gaan.

Daar kan dalk dan voortgegaan word met die getuienis van Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, wat Vrydagoggend getuig het, volgens Zondo.

Adv. Thabani Masuku SC, Molefe se regsverteenwoordiger, het gesê dit is nie net Zondo wat moet isoleer nie, maar al die werknemers van die kommissie wat met hom kontak gehad het, ook selfs die mense wat sy boeke dra.

Masuku het voorgestel dat daar nie dadelik ’n datum bepaal word vir wanneer Molefe weer getuig nie. Die saal waarin die sitting sit, die Ou Raadsaal in Johannesburg, sal ook skoongemaak moet word.

Zondo het gesê ’n mens leer oor hoe om die situasie te hanteer. Hy het gesê hy is jammer die sitting kan nie voortgaan nie, dit is een van die goed waaroor daar geen beheer is nie.

Adv. Pule Seleka SC, getuienisleier van die kommissie, het gesê daar is ook twee ekstra aandsittings vir volgende week beplan; dit sal ook nou geraak word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Zondo-Kommissie  |  Raymond Zondo  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.