Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Siyabonga Gama getuig oor Transnet

Siyabonga Gama, voormalige uitvoerende hoof van Transnet, getuig voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Gama is afgedank weens twee kontrakte waarmee daar na bewering ernstige onreëlmatighede was en wat hy as finansiële hoof van Transnet se vragafdeling afgeteken het. Die een was ’n veiligheidskontrak wat hy goedgekeur het vir die maatskappy General Nyanda Security (GNS). Dis ’n maatskappy waarin Siphiwe Nyanda, oudminister van kommunikasie en voormalige weermaghoof, belange gehad het. In Desember 2010 is ’n nuwe Transnet-direksie aangestel en vroeg in 2011 is Gama heraangestel. Hy het later waargeneem as groephoof van Transnet en is uiteindelik in die pos aangestel.

Gama het met sy vorige getuienis voor die kommissie aangevoer Transnet se langtermynkontrak met die Kumba-ysterertsmyn van Anglo American in die Noord-Kaap om ystererts per trein na die Saldanha-hawe in die Wes-Kaap teen “die goedkoopste tariewe ter wêreld” te vervoer, dui op die ware staatskaping wat plaasvind.

30 Apr. 14:04:49

Die sitting word hervat. Gama getuig verder.

30 Apr. 13:03:48

Die sitting hervat om 14:00.

30 Apr. 11:23:08

Die sitting begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.