Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Skoolkinders moes glo prentjies vir Guptas teken

Die omstrede Gupta-familie het glo skoolhoofde in Noordwes “mislei” sodat skoolkinders prentjies vir die amptelike uitnodiging vir die nou berugte Gupta-troue by Sun City moes teken.

Sello Lehari, LUR vir onderwys in Noordwes, het dit Woensdag in die parlement onthul en uitgebrei hoe die Guptas se Oakbay Investments-maatskappy sy of die provinsiale departement se toestemming na sowat 76 skole uitgereik en “donasies” van tussen R10 000 en R15 000 en sporttoerusting aan die betrokke skole “geskenk” het.

’n Onbekende agent het die skole genader om ’n uitnodigingskaartjie vir die Gupta-troue te teken. Ek was nie by die troue nie.

Lehari het voor die portefeuljekomitee oor binnelandse sake getuig wat tans die Guptas se vervroegde naturalisasie moet ondersoek.

Hy het ook aan die komitee onthul dat sy departement tans daarna ondersoek instel of die Guptas ook verantwoordelik is vir Wi-Fi-verbindings wat ook by talle ander skole in die provinsie aangebring is. Die komitee het gehoor dat die Guptas glo ook hierdie welwillendheid aan skole in Noordwes gebruik het as rede om hul naturalisasie te bespoedig.

Lehari se departement is tans net soos alle ander provinsiale departemente in Noordwes onder administrasie.

Die omstrede Supra Mahumapelo, wie ook nou met die Guptas verbind word, was ten tyde van bogenoemde Gupta-“donasies” aan die skole nog premier van Noordwes.

Lehari sê sy departement het uitgevind dat Oakbay die sowat 76 skole, meesal in die Bojanala (Rustenburg)- en Moses Kotane-streek, per brief op 15 April 2013 gekontak het.

“Hulle het nie deur ons hoofkantoor gewerk soos vereis word nie. Hulle het niksvermoedende skoolhoofde mislei deur voor te gee dat hulle skole net aan ’n gewone tekenkompetisie sou deelneem. Dit het egter saamgeval met voorbereiding vir die Gupta-troue in Mei 2013.”

Die troue het destyds groot opslae gemaak, veral nadat Gupta-gaste uit Indië se vliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis geland het.

Volgens Lehari was die meeste skole wat Oakbay gekontak het in gebiede rondom Sun City.

“ ’n Onbekende agent het die skole genader om ’n uitnodigingskaartjie vir die Gupta-troue te teken. Ek was nie by die troue nie.”

Lehari sê net 33 skole het egter “donasies” van tussen R10 000 en R15 000, sowel as sporttoerusting, van Oakbay ontvang.

Sy departement ontmoet Vrydag alle skoolhoofde van die betrokke streke om hulle teen sulke “donasies” te waarsku.

Meer oor:  Oakbay Investments  |  Noordwes  |  Gupta-Familie  |  Skoolkinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.