Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Skoor geskok oor Bathabile nie Sassa-hoof steun

Dit is skokkend dat Bathabile Dlamini, beleerde minister van maatskaplike ontwikkeling, nie die hoof van die agentskap wat verantwoordelik is vir die uitbetaling van maatskaplike toelae bystaan te midde van die doodsdreigemente wat hy kry nie.

Dit was Maandagoggend die mening van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) nadat Thokozani Magwaza, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa), dié beweerde dreigemente aan die komitee onthul het.

Themba Godi, Skoor-voorsitter, het gesê hy het Sondagaand ’n lang gesprek met Magwaza gehad oor die doodsdreigemente, sowel as die afhandeling van die kontrak tussen Sassa en die Poskantoor om Cash Paymaster Services as diensverskaffer vir die uitbetaling van staatstoelae te vervang.

Bathabile Dlamini Foto: Conrad Bornman

“As Skoor is ons geskok en kwaad oor die skaamtelose wetteloosheid deur ’n misdadige bende of trogvreters wat Magwaza uit sy werk wil intimideer sodat hulle die Sassa-Poskantoor-kontrak kan vertraag en sodoende die deur vir die plundering van staatsgeld ooplaat.”

Godi sê verder in ’n verklaring die lot van 17 miljoen kwesbare en arm Suid-Afrikaners wat van staatstoelae afhanklik is, is op die spel.

“Dit is ’n aanval op en die sabotasie van ’n nasionale belang deur ’n immorele en parasitiese kliek.

"As Skoor ondersteun ons Magwaza ten volle. Hy moet aanbly in sy pos om die nasionale belang te dien.

“Dit is skokkend dat Dlamini nog nie ’n woord gerep het oor die aangeleentheid of solidariteit met Magwaza betoon het nie. Dit laat hom voel asof hy alleen is.

Dit is ’n aanval op en die sabotasie van ’n nasionale belang deur ’n immorele en parasitiese kliek
Themba Godi, Skoor-voorsitter

“Sy moet staatsbelange bo persoonlike oorwegings plaas.”

Volgens Godi was Magwaza reg deur Dlamini se onwettig aangestelde adviseurs se dienste te beëindig. Dié adviseurs het parallel met die wettige bestuur van Sassa gewerk.

Die nasionale tesourie het die adviseurs onregmatig verklaar en daar was volgens Godi geen ander uitweg as om die struktuur onmiddellik te ontbind nie.

Godi sê die regering moet wys hy is ernstig oor goeie bestuur en die stryd teen korrupsie.

“Ons kan nie toelaat dat bestuurders uit hul pos gedwing of geskors word om korrupsie te fasiliteer nie. Daar is tans ’n georkestreerde veldtog om Magwaza te verwyder, net soos gesien kon word met die skorsing van twee direkteurs-generaal (Dan Mashitisho by die departement van water en sanitasie en Mike Mlengana by die departement van landbou, bosbou en visserye). Hierdie gevalle dui almal op botsende belange met hul politieke hoofde,” sê Godi.

* Intussen het Lulu Johnson, voorsitter van die portefeuljekomitee oor water en sanitasie, Maandag ook die komitee se skok met Mashitisho se skorsing uitgespreek.

Meer oor:  Themba Godi  |  Parlement  |  Oor  |  Nie  |  Geskok  |  Skoor  |  Steun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.