Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Skorsing van metro-hoë gelig

Moeketsi Ntsimane, tot Vrydag nog waarnemende stadsbestuurder van Tshwane, het in ’n poging om uit die tronk te bly voldoen aan ’n hofbevel om die skorsing te lig van Nontobeko Memela, dié metroraad se hoof van menslike nedersettings.

Ntsimane het Maandag gesê dat Memela die oggend sy werk hervat het.

“Die betrokke individu het vandag begin werk, daardie tyd (in die tronk) is afgeweer,” het Ntsimane gesê.

Dit nadat die arbeidshof in Johannesburg Ntsimane Vrydag skuldig bevind het aan minagting van die hof nadat hy Memela se skorsing bly handhaaf het ondanks ’n bevel deur die hof dat hy die skorsing moet lig.

Ntsimane sou drie maande tronkstraf moes uitdien as hy nie binne vyf dae aan die hofbevel beslag gegee het nie.

Ntsimane het homself egter self van enige blaam onthef en gesê dat die Memela-kwessie die eerste keer voor die hof gedien het voordat hy in die pos aangewys is.

Hoe kan jy ’n amptenaar vra om ’n politikus te wees? Daar is geen dubbelsinnigheid hier nie, ek is die waarnemende burgemeester van Tshwane.

“Hierdie was ’n kwessie van 12 maande voor my tyd, dit het te doene met die vorige stadsbestuurder,” het Ntsimane gesê.

Ntsimane se termyn het op 30 November geëindig en Augustine Makgata is verlede Donderdag as sy opvolger aangewys in ’n stemming deur die raad.

Abel Tau, waarnemende burgemeester in Tshwane, het bevestig dat Memela sy pligte hervat het.

“Die metro het voldoen aan die uitspraak,” het hy gesê.

Tau het ook gereageer op die ANC se beroep dat Makgata aangewys word as waarnemende burgemeester in die afwesigheid van Stevens Mokgalapa, wie se spesiale verlof onlangs herroep is.

“Hoe kan jy ’n amptenaar vra om ’n politikus te wees? Daar is geen dubbelsinnigheid hier nie, ek is die waarnemende burgemeester van Tshwane,” het Tau gesê.

Mokgalapa het verlede week onder skoot gekom toe ’n klankopname van hom en Sheila Senkubuge, die voormalige burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, aan die lig gekom het waarin hulle oor kollegas in hul eie party skinder en maatreëls bespreek hoe om ’n ander kollega afgedank te kry.

Ondertussen het die ANC en die EFF vir Katlego Mathebe, speaker van die raad, tot Maandagmiddag om 16:00 tyd gegee om ’n raadsvergadering te belê vir die aanhoor van mosies van wantroue in Senkubuge en Mokgalapa se leierskap.

“Ek kan nie sê of die speaker daartoe sal instem of nie. Ons respekteer die amp van die speaker en sy sal ons lei,” het Tau gesê.

Al 114 lede van dié twee partye in die raad het die petisie geteken vir die sitting om Woensdag en Donderdag gehou te word.

“Ons glo dat die speaker sal besef dat die belê van die vergadering nie vrywillig is nie, maar ’n wetlike verpligting aangesien die wet voorskryf dat die speaker ’n raadsvergadering moet belê as die meerderheid raadslede die speaker in ’n geskrewe petisie so versoek,” lui die petisie.

Mathebe was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Meer oor:  Arbeidshof  |  Moeketsi Ntsimane  |  Nontobeko Memela  |  Tshwane  |  Johannesburg  |  Metro-Hoë  |  Skorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.