Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Skrap sanksies op Kuba-hulle in dié tyd, vra ANC

Die ANC het ’n beroep op die administrasie van pres. Donald Trump van Amerika gedoen om sanksies teen Kuba, Iran, Venezuela, Nicaragua en Palestina op te hef ten einde die impak van die Covid-19-pandemie op hulle te versag.

Die ANC het Sondag in ’n verklaring gesê die opheffing van die sanksies sal die onderskeie lande in staat stel om die nodige hulpbronne aan hul mense beskikbaar te stel. Die party het ook die lof van spesifiek Kuba besing omdat dié land glo noodhulpbronne aan elf lande verskaf.

“Dít is internasionale revolusionêre solidariteit, nie net in woorde nie, maar in praktyk! Diegene wat probeer het om Kuba deur middel van isolering te verwoes, staan skaam in die aangesig van menslike solidariteit.

“Dit is inderdaad nog ’n les wat ons moet leer en wat ons verder vorentoe moet dra as net die onmiddellike uitdagings van die koronavirus,” lui die ANC se verklaring.

Dit is egter net die standpunt van ’n party en is nie die amptelike standpunt van die Suid-Afrikaanse regering nie.
Politieke ontleder

Die Kubaanse ambassade in Suid-Afrika het Maandag dele van die ANC se verklaring op sy Facebook-blad aangehaal en die beroep van dié party herhaal dat die sanksies teen hom opgehef moet word.

Die politieke ontleder Ralph Mathekga sê die ANC se beroep is eintlik te verwagte aangesien hy in die verlede gereeld in solidariteit met die betrokke lande gestaan het.

“Dit is egter net die standpunt van ’n party en is nie die amptelike standpunt van die Suid-Afrikaanse regering nie. Eers as die regering oor die kwessie standpunt inneem, sal die diplomatieke terrein betree word,” sê Mathekga.

Tog meen hy die ANC se beroep om weg te doen met sanksies teen die betrokke lande is geregverdig omdat dié lande dan beter na hul mense sal kan omsien tydens die pandemie.

“Die opheffing van die sanksies hoef nie vir altyd te duur nie, dit hoef net tydelik te wees. Sekere sanksies kan ook byvoorbeeld steeds geld,” sê Mathekga.

Lees die ambassade se aankodiging op Facebook hier.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Amerika  |  Kuba  |  Koronavirus  |  Sanksies  |  Opheffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.