Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Guptas: ‘Sluit van rekeninge net politieke truuk’
Ajay en Atul Gupta. Foto: Gallo Images

Die besluit van die groot bankgroepe om die Gupta-familie se rekeninge te sluit, is niks anders as ’n “politieke truuk” nie, sê Vuso Shabalala, pres. Jacob Zuma se politieke raadgewer.

Hy het in ’n meningstuk op die webwerf Politicsweb geskryf die stap “stuur ’n onbetwisbare boodskap uit oor wie vandag in Suid-Afrika die mag het”.

Dit was glad nie ’n morele besluit of om die banke se reputasie te beskerm nie. “So ’n astrante magsvertoon deur veral die oligargiese bankwese behoort deur heftige weerstand deur die demokratiese magte begroet te word.”

Shabalala sê die banke en “hul mees gewaardeerde kliënte” bied steeds weerstand teen die toepassing van sekere wette. Sedert 1994 het die “ou establishment” stelselmatig die mag van die ANC-regering ondermyn en laat wegkalwe.

Hulle het selfs die laaste paar jaar “deur die pantser om die demokrasie gebreek met hul astrante leuens en innuendo” wat regstreeks op die ANC en sy leiers gemik is.

Die gebrek aan radikale transformasie het veroorsaak dat die swart middelklas hom nou “in die boesem van die ou establishment” bevind.

Die Guptas is bevoordeel deur die demokrasie, maar die ou establishment is baie meer bevoordeel.

Hy sê Zwelinzima Vavi, voormalige sekretaris-generaal van Cosatu, lei ’n “energieke veldtog met baie hulpbronne om die ANC-regering omver te werp”.

Shabalala beskuldig Vavi daarvan dat hy die banke gevra het om die Gupta-rekeninge te sluit. – News24

Meer oor:  Gupta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.