Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Sny op uitgawes vir BBP’s, nie vir polisie, sê DA

Sny eerder ministeriële uitspattighede as die begroting van die polisie.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris. Foto: Melinda Stuurman

Dít is die mening van die DA nadat genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, Woensdag aan LP’s gesê het die nasionale tesourie het die polisie versoek om sy begroting oor die volgende twee boekjare met R6,2 miljard te sny. Hy het gesê die polisie gaan dringend met die nasionale tesourie vergader in dié verband.

Die DA het Donderdag gesê hy is “diep bekommerd” oor dié toedrag van sake.

Dit sal “rampspoedig” wees vir die polisie wat reeds ’n tekort aan geld, hulpbronne, personeel en toerusting het. “Enige verdere kostebesnoeiings sal net dié omstandighede vererger en beteken landburgers moet met hul lewens betaal,” het Andrew Whitfield, DA-LP, in ’n verklaring gesê.

Die party beplan om vir die nasionale tesourie te skryf om dringend duidelikheid te verskaf oor potensiële besnoeiings aan die polisie se begroting.

“Die fiskus is in groot moeilikheid weens voortgesette korrupsie en lae groei, maar die antwoord behoort nie te wees om die begroting van ’n kritieke departement soos die polisie te sny nie, veral nie op ’n tydstip dat ons gemeenskappe oorlogsones geword het nie.

“Begrotingstekorte behoort aandag te kry deur ministeriële uitspattighede te sny. Die nasionale tesourie behoort te begin deur die besteding op baie belangrike persone (BBP’s) te besnoei. Suid-Afrikaners betaal R10 miljoen om net een BBP te beskerm. Verder word bykans R4 miljoen per jaar aan elkeen van die 28 ministers toegeken vir drie motors,” lui Whitfield se verklaring.

Hy het verder voorgestel dat ’n bykomende R2 miljard aan misdaadbestryding toegeken word deur ’n verdere R200 miljoen aan die begroting van die onafhanklike polisie ondersoekdirektoraat (Opod) te bewillig en ’n verdere R1,8 miljard aan die begroting vir sigbare polisiëring.

“Dit is ’n neutrale voorstel wat bereik kan word binne die huidige begroting deur die begroting vir veiligheid aan BBP’s met R2 miljard te sny.”

Meer oor:  Polisie  |  Da  |  Genl. Khehla Sitole  |  Begroting  |  Uitgawes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.