Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Só bal Cele vuis teen misdaadplaag

Die mandaat van die polisie se eenheid teen bendes gaan landwyd uitgebrei word en ander gespesialiseerde eenhede gaan op die been gebring word om die toenemende misdaad en geweld in die land te takel.

Bheki Cele, minister van polisie, het dit bekend gemaak in sy begrotingsrede wat hy Donderdag in die parlement gelewer het.

Die stappe kom in reaksie op die “bendeplaag”, het Cele gesê.

Bheki Cele, minister van polisie.Foto: Jaco Marais

Die teenbende-eenheid sal uitgebrei word tot ’n nasionale eenheid wat val onder operasionele reaksiedienste. Ander gespesialiseerde eenhede sal konsentreer op ander misdaad waardeur gemeenskappe geterroriseer word, soos moord, verkragting, kapings, huisrooftogte en transitorooftogte, het Cele gesê.

Die teenbende-eenheid het tot dusver net in die Wes-Kaap gewerk.

Vinnige reaksie-eenhede wat reageer op intelligensie-gedrewe polisiëring sal in onstabiele probleemgebiede landwyd op die been gebring word.

“As deel van die breër strategie om misdaad te bekamp, polisiëring op te skerp en om brûe met gemeenskappe te bou, sal meer gespesialiseerde intelligensiegedrewe polisiëring plaasvind.

“Gefokusde, intelligensiegedrewe polisiëring is die toekoms van die polisie in Suid-Afrika.”

Daar is groot openbare ontevredenheid oor die hoë moordsyfer in die Wes-Kaap en veral in Kaapstad, en om die veranderende misdaadneigings in die Wes-Kaap te takel, het Cele aangekondig dat die weermag in die ergste misdaadgebiede ontplooi gaan word.

“Die direkteurs-generaal van die justisie-, misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroeperings en die kabinetsgroepering het op 9 Julie vergader en ooreengekom dat die situasie in die Wes-Kaap beredder moet word.”

Daar is besluit om die president te versoek om die weermag ingevolge verdedigingswetgewing in te span om te help om misdaad te takel.

Cele het bekend gemaak dat ’n nuwe akademie vir ondersoekers om die polisie se ondersoekeenhede te versterk, op die been gebring word.

Nuwe speurders en gespesialiseerde ondersoekers sal hier opgelei word en samewerking tussen aanklaers en ondersoekers sal verbeter word sodat die suksessyfer van belangrike sake verbeter kan word, aldus Cele.

Meer oor:  Misdaad  |  Bheki Cele  |  Bende-Eenheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.