Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Só is my familie se grond afgevat’
Illustrasiefoto

’n Regstreekse afstammeling van die Kok-familie – die koninklike Griekwa-familie na wie Kokstad genoem is – het Saterdag gesê sy steun die wysiging van art. 25 van die Grondwet waarvolgens grondonteiening sonder vergoeding moontlik sal wees.

Dié vrou was een van die sprekers by die Grondwetlike Hersieningskomitee se openbare sitting wat Saterdag in Kokstad gehou is.

Sy het vertel hoe Britse owerhede haar voorvaders gestraf het deur hulle ná ’n rebellie in die 1800’s van hul grond te verwyder.

Hoewel passievolle argumente soos dié aan albei kante van die debat aangehoor is, was die sitting oor die algemeen rustiger as die vorige dag se oproerige verhoor in Pietermaritzburg. Dáár was die spanning tasbaar en is sprekers wat onteiening sonder vergoeding teengestaan het, stilgeskree.

In die volgepakte Kokstad-stadsaal kon die meeste sprekers aan albei kante van die debat onverhinderd hul saak stel en was daar selfs hoflike applous. Baie sprekers het ’n beroep om eenheid gedoen.

’n Wit boer het getuig al die wit mense wat in die 1992-referendum teen ’n demokratiese Suid-Afrika gestem het en wou hê apartheid moes bly, het die land sedertdien verlaat, en dié wat oorbly, beskou hulself as Suid-Afrikaners en Suid-Afrika as hul land.

In reaksie hierop het ’n man wat vroeër slegs die EFF-lede van die komitee gegroet het, gesê: “Jou huis is Europa! Geen setlaars kan ons land eis nie! Azania is in 1952 binnegeval en deur setlaars beset! Dit is Azania, dit is my land.”

Hy het gesê die klousule in die Vryheidsmanifes waar staan dat die grond aan almal – wit en swart – behoort, het swart mense verloën.

’n Lid van BLF het gesê hulle was gelukkig toe die parlement die mosie aanvaar het om art. 25 te hersien.

“Om ons eie grond te moet koop is ’n belediging,” het hy gesê. “Ons moet die hele art. 25 skrap.”

’n ANC-lid het gesê onteiening sal nie voedselsekerheid benadeel nie.

Ons sê kom ons almal vertrek saam op hierdie reis om die waardigheid van ons mense te herstel.

“Ons sê kom ons almal vertrek saam op hierdie reis om die waardigheid van ons mense te herstel.”

Dit was die komitee se laaste verhoor in KwaZulu-Natal.

Verhore sal nou in die Oos-Kaap en Gauteng, en laastens in die Wes-Kaap gehou word.

Meer oor:  Grondonteiening  |  Anc  |  Grondbesit  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.