Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Só lui die eed wat Cyril sal aflê
Cyril Ramaphosa, ANC-president, word Donderdag as Suid-Afrika se vyfde demokraties president ingehuldig. Foto: Beeld

Cyril Ramaphosa, president van die ANC, sal Donderdagmiddag as Suid-Afrika se vyfde demokratiese president beëdig word.

Ramaphosa se beëdiging kom nadat Jacob Zuma Woensdagaand laat in Pretoria as president van die land bedank het.

Ramaphosa sal die ampseed, wat in die Grondwet vervat is, aflê.

Die ampseed moet voor die hoofregter, in hierdie geval hoofregter Mogoeng Mogoeng, of ’n ander regter wat deur die hoofregter aangewys is, afgelê word.

Die eed lui soos volg:

“In die teenwoordigheid van almal hier vergader en met die volle besef van die hoë roeping wat ek as president van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer ek, Matamela Cyril Ramaphosa, plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die Grondwet en die reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig, onderhou en handhaaf; en ek belowe plegtig en opreg dat ek te alle tye:

  • dít sal bevorder wat tot voordeel van die republiek is, en dít sal afsweer wat die republiek kan skaad;
  • die regte van alle Suid-Afrikaners sal beskerm en bevorder;
  • my pligte met al my kragte en talente na my beste kennis en vermoë, en getrou aan die stem van my gewete sal, verrig;
  • aan almal reg sal laat geskied; en
  • my aan die welsyn van die republiek en al sy mense sal wy. So help my God.”
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.