Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Midvaal: VF Plus maan lankal oor korrupsie

Hoewel die VF Plus die ondersoek na die korrupsie in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit verwelkom, herinner die VF Plus die munisipaliteit dat die party reeds in 2009 verskeie mediaverklarings oor “ ’n wye verskeidenheid ongerymdhede in Midvaal” uitgereik het.

Amelia Tsukudu

Trouens, die openbare beskermer (OB) en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het die be­weringe ondersoek.

“Die spesiale ondersoekeenheid het die verkoop van poste (in 2011) selfs as ’n groot probleem beskryf en dit as ’n fokusarea in die ondersoek uitgelig,” sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid in die Sedi­beng-distriks­muni­sipali­teit, in ’n mediaverklaring.

Die Midvaal-munisipaliteit, sowel as die Emfuleni- en die Lesedi-munisipaliteit, val onder dié distriksmunisipaliteit.

“Die topstruktuur van die DA in Midvaal – dit sluit in die munisipale bestuurder, sy adjunk- en departementshoofde – was ten alle tye bewus van die destydse ondersoek en die bevindinge daarvan,” meen Hoffman.

Hy beweer die DA het van ál die fluitjieblasers in die raad ontslae geraak.

Die VF Plus se opmerkings kom nadat Bongani Baloyi, burgemeester, verlede week bevestig het ’n burgemeesterskomiteelid en die adjunk- munisipale bestuurder is reeds hangende ’n ondersoek na korrupsie geskors.

Baloyi het Amelia Tsukudu, burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe dienste, verlede Dinsdag geskors.

Dit maak my hartseer om dié stappe te doen, maar ek bly toegewyd aan my belofte dat ek eerlike, deursigtige bestuur aan die gemeenskap sal verskaf.

“Sy het Maandagaand ’n brief aan my gerig en die aantygings ontken, maar sy het aangebied om tydens die ondersoek opsy te staan,” het Baloyi aan Metro-Beeld-Suid gesê.

Tsukudu het glo geld van werksoekers aanvaar om hulle in verskeie departemente aan te stel.

Die munisipale raad het verlede Donderdag besluit om ook vir Thom Peeters, adjunk- munisipale bestuurder, te skors.

’n Fluitjieblaser het Peeters ook van onreëlmatige aanstellings beskuldig.

Thom PeetersFoto: FACEBOOK

Peeters word daarvan beskuldig dat hy die munisipale raad se regulasies verontagsaam het toe hy personeel aangestel het voordat hulle vir onderhoude gegaan het. Hy het ook na bewering die prokureursfirma waar sy vrou werk, aangestel.

Baloyi sê dié amptenare is ontbloot nadat hy sowat vyf weke gelede ’n eksterne oudit na korrupsie in die munisipaliteit van stapel gestuur het.

“Die gemeenskap het my en die munisipaliteit ingelig dat verskeie munisipale amptenare glo betrokke was by die verkoop van vakatures en dat hulle met die werwingsprosesse gepeuter het,” sê Baloyi.

“Dit het alles by die oudit begin. Mense het toe senuagtig geraak en begin praat.”

Hy het einde Februarie ’n e-pos van ’n fluitjieblaser ontvang en dadelik daarop gereageer. Vier direkteure is ook by die korrupsie betrek, berig News24.

Baloyi sê die ondersoek sal moontlik nog baie ander amptenare by die korrupsie betrek.

“Dit maak my hartseer om dié stappe te doen, maar ek bly toegewyd aan my belofte dat ek eerlike, deursigtige bestuur aan die gemeenskap sal verskaf,” sê Baloyi in ’n mediaverklaring.

Die ANC in Sedibeng dring daarop aan dat die kantoor van die OB, adv. Busisiwe Mkhwebane, dié skandaal ondersoek.

“Daar steek baie meer agter die storie en daarom is die kantoor van die OB die beste opsie om die saak te ondersoek sodat diegene wat by die wanpraktyke betrokke was, voor die gereg gebring kan word,” het Sphiwe Mgcina, taakspankoördineerder van die ANC in Sedibeng, aan News24 gesê.

Meer oor:  Soe  |  Vf Plus  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.