Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SOE sukkel om kop bo water te hou, hoor parlement

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), wat grootskaalse korrupsie oor al drie regeringsfere en in staatsentiteite moet ondersoek, is nie in staat om homself op kort en mediumtermyn finansieel te onderhou nie.

Adv. Andy Mothibi

Adv. Andy Mothibi, SOE-hoof, het Dinsdag gesê dit is een van die grootste risiko’s vir dié eenheid toe hy die SOE se jaarverslag vir 2018-’19 in die parlement voorgelê het.

Mothibi het ook verslag gedoen oor die jongste verwikkelinge met betrekking tot die SOE se spesiale tribunaal wat staatskapingsgeld van miljarde rande moet terugkry.

Pres. Cyril Ramaphosa het begin vanjaar in sy staatsrede aangekondig so ’n liggaam gaan saamgestel word om die geld en bates te verhaal wat deur onreëlmatighede en korrupsie deur staatsdepartemente en -instellings verloor is.

Volgens Mothibi is die spesiale tribunaal reeds vanaf 1 Oktober funksioneel met sy setel by die landdroshof in Booysens in die suide van Johannesburg.

“Die president van die tribunaal is tans besig om die reëls daarvoor te finaliseer om in die Staatskoerant gepubliseer te word. Die tribunaal se tussentydse sekretaris is aangestel om die tribunaal se administrasie te behartig, wat die liassering van dokumente vir strafregtelike hofprosedures insluit,” het Mothibi gesê.

Hy het verder oor die risiko’s vir die eenheid uitgewei en bygevoeg dat die eenheid ook nie doeltreffend genoeg voorbereid is om te reageer op fisiese bedreigings teenoor sy ondersoekers, en in gevalle van veiligheidsbreuke nie.

Dit het ondersoeke na onreëlmatighede by onder meer die departemente van korrektiewe dienste, openbare werke en water en sanitasie ingesluit, asook by die kantoor van die staatsprokureur.

Nog ’n risiko is volgens hom die versuim van “staatsinstellings om die SOE se wettige aanbevelings te implementeer”.

Die SOE het volgens hom in die betrokke boekjaar 24 presidensiële proklamasies vir ondersoeke ontvang wat oor die verskillende regeringsfere en staatsinstellings heen strek.

Dit het ondersoeke na onreëlmatighede by onder meer die departemente van korrektiewe dienste, openbare werke en water en sanitasie ingesluit, asook by die kantoor van die staatsprokureur.

Verder het die eenheid ook bewerings van onreëlmatighede by onder meer Eskom, Transnet en die SAUK ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.