Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAUK: Ondersoek na R185 miljoen-tender 'vorder goed'

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) beoog om deel te word van ’n hofaansoek dat die SAUK se toekenning van ’n R185 miljoen-tender aan Mafoko Security Patrols tersyde gestel word.

Met vier SAUK-raadslede wat vandeesweek bedank het, hang die tenderskandaal ook boonop oor die uitsaaier se kop. Mafoko is aangestel om veiligheidsdienste te verskaf, terwyl Mjayeli Security in die 2017-tenderproses eintlik eerste geplaas was.

In hofdokumente, wat Netwerk24 gesien het, neem Mjayeli Security nou die saak na die hooggeregshof in Johannesburg.

Die SAUK is die eerste respondent en Mafoko Security Patrols, Mafoko Security Suppliers en Mafoko Security Services onderskeidelik die tweede, derde en vierde respondent.

Foto ter illustrasie.

Nazreen Pandor, woordvoerder van die SOE, het Donderdag gesê die SOE, wat ook die kontrak ondersoek, is in die proses om ’n aansoek in te dien om as ’n mede-aansoeker toegelaat te word. Volgens haar is die SOE se ondersoek in ’n gevorderde stadium.

In die hofaansoek sê Mjayeli Security dat die toekenning van die tender aan Mafoko Security Patrols “onreëlmatig” was.

Lebo Nare, hoof van Mafoko Security Patrols, het gesê hy kan nie kommentaar lewer op ’n saak wat voor die hof dien nie.

Die SAUK het Donderdag in ’n verklaring bevestig dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) sy tussentydse raad ondersoek oor die onreëlmatige toekenning van ’n veiligheidstender.

eNCA het Donderdag berig Mathata Tsedu is die vierde SAUK-raadslid wat bedank het. Tsedu wou by navraag nie kommentaar lewer nie. “As ek bedank het, dan is dit die president wat daaroor moet praat,” het Tsedu gesê.

Netwerk24 het die bedankingsbriewe gesien van Krish Naidoo, Khanyisile Kweyama en John Mattison wat reeds bedank het.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het Donderdag gesê die bedankings uit die raad het niks te doen met die ANC nie en insinuasies dat die party die raad probeer saboteer, is kwaadwillige politiekery.

Meer oor:  Mafoko Security Patrols  |  Spesiale Ondersoekeenheid  |  Tender  |  Soe  |  Hofsaak  |  Miljoene Rande  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.