Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Solidariteit bevriend Hongare

Die Solidariteit Beweging hoop dat handel en samewerking tussen Suid-Afrika en Hongarye ’n hupstoot sal kry nadat ’n Solidariteit-afvaardiging dié Oos-Europese land die afgelope twee weke besoek het.

Die Solidariteit Beweging se afvaardiging in die Hongaarse parlement. Van links is Piet le Roux, Werner Human, Jaco Kleynhans, Theo de Jager en Ernst Roets. Foto: András Kiss

Suid-Afrika het ’n groot handelstekort met Hongarye, waarvan die uitvoer na Suid-Afrika byna drie keer meer werd is as invoer uit Suid-Afrika, wys syfers van die departement van handel en nywerheid.

Die Suid-Afrikaanse besoekers was Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging; dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbou-organisasie Saai; Werner Human, bedryfsbestuurder van Solidariteit; Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum; en Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Hulle het onder meer die Hongaarse adjunkminister van landbou, adjunkminister van buitelandse sake en die adjunkspeaker in die parlement ontmoet.

Die besoek het uitgeloop op die stigting van die Hongaars-Suider Afrikaanse Vriendskapsvereniging, wat formeel as ’n vereniging by owerhede in Hongarye geregistreer is en ’n heeltydse kantoor sal hê in Boedapest wat Hongarye sal finansier, het Kleynhans gesê.

Die vereniging sal onder meer die in- en uitvoer van landbouprodukte organiseer.

Viktor Orbán, Hongaarse eerste minister wat bekend is om sy populistiese beleid oor onder meer minderheidsregte, immigrasie en die Europese Unie, is tans voorsitter van die Visegrad-nasies, wat bestaan uit Hongarye, Pole, die Tsjeggiese Republiek en Slowakye.

Solidariteit het reeds verlede jaar begin om sy netwerk na Sentraal- en Oos-Europa uit te brei.

“Ons doel met die besoek was nie om te soek vir ’n uitweg vir Suid-Afrikaners uit Suid-Afrika uit nie,” sê Kleynhans.

“Suid-Afrikaanse besighede wil en moet egter diversifiseer, weens verskeie onderliggende probleme in Suid-Afrika, maar ook om meer geld te maak.”

Volgens Kleynhans is ’n projek om Hongaarse wynvate na Suid-Afrika in te voer sover die mees uitvoerbare projek.

“Hul vate is van goeie gehalte en is baie goedkoper as hul Franse eweknieë s’n.”

Meer oor:  Theo De Jager  |  Ernst Roets  |  Piet Le Roux  |  Hongarye  |  Solidariteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.