Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Netwerk24 by Nkandla: Son sak op dag 2; Zuma is steeds tuis

Die son het Donderdag op die tweede dag van vyf gesak vir oudpres. Jacob Zuma.

Daar is drie dae oor voordat Bheke Cele, minister van polisie, Zuma moet kom haal om sy tronkstraf te begin uitdien.

Zuma se dogter Duduzile het vroeër gesê haar pa sal hom by die Nkandla-polisiekantoor aanmeld en dat sy familie hom daarheen sal vergesel. Sy seun Edward sê egter niemand sal aan sy pa raak nie.

“Julle sal my eers moet doodmaak voordat julle my pa kan arresteer,” het hy Dinsdag kort ná die hof se uitspraak aan eNCA gesê.

Duduzile het omstreeks middernag 'n foto op Twitter geplaas van haar en haar pa wat hofdokumente bestudeer.

Sy het 'n paar uur later 'n video opgelaai van geweerskote wat in die lug in afgevuur word.

Die tronkstraf volg nadat die konstitusionele hof in Johannesburg Zuma Dinsdagoggend skuldig bevind het aan minagting van die hof. Hy is 15 maande tronkstraf opgelê en is vyf dae gegun om hom in Johannesburg of Nkandla aan die polisie oor te gee.

“Ons is hier om Zuma te beveilig,” sê een van die MKMVA-veterane wat om Zuma se Nkandla-woning wagstaan.

Ons is hartseer oor die manier waarop ons president behandel word. Hy is oud en hy moet rus.
Zuma-ondersteuner

Talle ondersteuners het ook Donderdag opgeruk na die dorp. Versoeke om kommentaar is egter geweier. “Daar is ’n leier,” sê Zuma se ondersteuners.

“Ons is hartseer oor die manier waarop ons president behandel word. Hy is oud en hy moet rus. Ons kan nie bekostig om hom in die tronk te hê nie. Dan is daar ook die gevaar van tronke en die koronavirus. Hy kan die virus daar opdoen. Misdadigers wat klein misdade gepleeg het, word vrygelaat hieroor. Zuma moes ’n opgeskorte vonnis of ’n boete gekry het,” sê Musa Cebekhulu, leier van Sanco in die Nkandla-streek.

Hy het Donderdagmiddag buite die woonkompleks aan Netwerk24 gesê Zuma is hier in sy woning en bring gehaltetyd saam met sy familie deur.

“Die familie was nog heeltyd hier. Daar is nog nie ’n besluit geneem oor of hy tronk toe sal gaan nie.”

Cebekhulu sê dit is onwaar dat Zuma nie voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping wil verskyn nie.

“Hy het nooit gesê hy wil nie verskyn nie. Maar hy gaan nie verskyn terwyl adjunkhoofregter Raymond Zondo aan die stuur van die kommissie is nie. Dit is ’n botsing van belange, maar Zondo ontken dit.”

Van Zuma se bondgenote en sy ondersteuners sal “tot die laaste” hier in Nkandla teenwoordig wees om ondersteuning te bied. “Wat sy besluit ook al is, ons sal dit respekteer. Maar as hy tronk toe gaan, gaan ons saam met hom,” sê Cebekhulu.

Hy sê daar sal egter geen massaoptogte wees nie, “want Covid-19 is nie speletjies nie”, en die ondersteuners moet veilig bly.

“Ons gaan elke dag hier wees, en ons hoop julle ook.”

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Tronkstraf  |  Vonnisoplegging  |  Tuis  |  Son  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.