Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Span dán e-tolstelsel teen misdaad in – Mbalula

As die e-tolstelsel in Gauteng geskrap word, kan die tolhekke in die stryd teen misdaad op die provinsie se snelweë ingespan word, sê Fikile Mbalula, minister van vervoer.

Hy het Dinsdag by die nasionale verkeerbeheersentrum se kantoor in Rooihuiskraal, Centurion, benadruk dat hy nie sê e-tol gaan geskrap word nie. “Maar ás dit gebeur, kan die tolhekke in die stryd teen misdaad gebruik word.”

Die nasionale beheersentrum, waar die e-tolstelsel beheer word, het 298 kringtelevisiekameras wat verkeer op die provinsie se hoofweë monitor, sê hy.

Mbalula het by dié geleentheid die veldtog vir padveiligheid in die vakansietyd bekend gestel en mense gewaarsku dat streng optrede verwag kan word as hulle die verkeersreëls oortree.

Tol-portale is ’n bekende gesig op Gautengse hoofweë. Foto: Lerato Maduna

Mbalula het die taakspan gelei wat die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) ondersoek en aan die kabinet verslag gedoen het.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het op ’n nuuskonferensie in Pretoria gesê die kabinet het op sy laaste vergadering vanjaar “kennis geneem” van die verslag.

’n Finale besluit oor die voorstelle van die taakspan sal aanstaande jaar vroeg geneem word.

“Ek kan my kop op ’n blok sit dat die e-tolkwessie in die nuwe jaar gefinaliseer gaan word,” het Mthembu gesê.

Mthembu sê die groot kwessie is die ander opsies vir die e-tolstelsel.

“Vir die kabinet gaan dit nie net oor Gauteng nie, maar oor hoe ons die padnetwerkinfrastruktuur landwyd kan verbeter en watter meganismes daarvoor gebruik moet word.”

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.