Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Speaker ‘gee aandag’ aan nuwe bewerings oor OB
 adv. Busisiwe Mkhwebane
Die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Christiaan du Plessis

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), sal “aandag gee” aan ’n beëdigde verklaring waarin beweer word dat adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), opdrag gegee het dat inligting wat sekere politici impliseer, uit een van haar verslae verwyder moet word.

Die politici sluit glo Ace Magashule, ANC sekretaris-generaal, en Mosebenzi Zwane, voormalige Vrystaatse LUR vir landbou, in.

Mkhwebane het Sondag die beweringe verwerp.

Die beëdigde verklaring van die fluitjieblaser – ’n senior ondersoekbeampte in die kantoor van die OB – is die afgelope Vrydag aan Modise en pres. Cyril Ramaphosa gestuur.

Thandi Modise Foto: Daily Sun

Die parlement het Sondag getwiet: “Parlementêre woordvoerder @MolotoMothapo het bevestig dat speaker Thandi Modise ’n beëdigde verklaring van ’n senior ondersoekbeampte by @PublicProtector ontvang het wat bewerings teen die OB bevat. Die speaker sal aandag gee aan die beëdigde verklaring en ’n gepaste besluit neem.”

News24 en amaBhungane het Sondag berig Mkhwebane het glo opdrag gegee dat kritieke inligting wat Magashule en Zwane by die Vrede-suiwelplaas-skandaal betrek, uit ’n OB-verslag verwyder moet word.

Die fluitjieblaser het luidens die berig gesê die ondersoekers is “gedwing om enige ongunstige bevindinge” teen enige politikus, insluitend Magashule en Zwane, te verwyder.

Luidens die berig het Mkhwebane ook na bewering ondersoekbeamptes opdrag gegee om nie inligting uit die reeks uitgelekte e-posse wat tussen die Gupta-broers en hul medewerkers gestuur is – bekend as #GuptaLeaks – in die verslag te gebruik nie.

Die verslag, wat in Februarie verlede jaar uitgereik is, het geen bevinding teen Magashule, wat in daardie stadium nog die Vrystaatse premier was, gemaak nie. Daar was ook geen bevindinge teen Zwane, tans ’n ANC-LP, nie.

Die kantoor van die OB het Sondag op verskillende sosialemediaplatforms op die berig gereageer: “@AdvBMkhwebane: Die ongegronde #CIEX- & #Vrede-beweringe is deur gegriefde huidige en voormalige werknemers, waaronder sommige wat deur tugoptrede in die gesig gestaar word. Die voorneme is om die voorgestelde parlementêre proses te beïnvloed om my uit my amp te verwyder. Ek sal weldra substantief reageer.”

Die OB se tweede twiet lui dat die voorlopige verslag oor die Vrede-ondersoek sedert Oktober op die OB-kantoor se webwerf was (toe die beweringe aanvanklik gemaak is) “om aan die publiek te demonstreer dat daar nooit ’n kwessie was wat enige politikus impliseer nie”.

“Gevolglik kon daar nie enige verwydering van inligting gewees het wat nooit daar was om mee te begin nie. Bykomend daartoe is die inhoud van die voorlopige verslag onder bespreking nooit betwis nie.

“Dit was slegs nadat die portefeuljekomitee oor justisie ’n ondersoek versoek het na die rol van politici en die toestand van die begunstigdes dat een begin is en dit vorder goed. Onderhoude is met politici gevoer en begunstigdes het getuienis gelewer,” lui die twiets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.