Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Speaker in VS vasgevat oor reëlingskomitee

Die speaker van die Vrystaatse wetgewer moet sorg dat die ordereëlingskomitee, ’n veelpartykomitee wat die bestuur van die wetgewer behartig, kwartaalliks vergader en dat komiteelede 48 uur voor die vergaderings ’n sakelys kry.

Dit volg nadat die DA ’n hofbevel teen Mamiki Qabathe en die Vrystaatse wetgewer hieroor verkry het.

Mamiki Qabathe, speaker van die Vrystaatse wetgewer.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-lid, sê die speaker word nou gedwing om die hofbevel uit te voer.

Hy sê die ordereëlingskomitee sien eintlik toe dat die wetgewer sy grondwetlike mandaat uitvoer, maar Qabathe het versuim om die komitee gereeld (kwartaalliks) te laat vergader.

Jankielsohn sê Qabathe wou in die verlede alleen al die besluite neem, maar hulle het nou deur ’n hofbevel vir haar gesê dit kan nie so werk nie. ’n Veelpartykomitee moet kwartaalliks vergader.

Hy sê die DA het van die begin van hul termyn in die wetgewer stappe gedoen om die wetgewer se oorsigrol oor die uitvoerende gesag te versterk.

Dit is gedoen deur onder meer ’n hofbevel en om die ANC te dwing om die reëls beter toe te pas, soos om op skriftelike vrae te antwoord wat meestal van die DA kom.

Jankielsohn sê in 2018 is 170 van die 205 geskrewe vrae in die wetgewer deur DA-lede aan LUR’e en die Vrystaatse premier gerig. Die ANC het 19 van die vrae gevra, die Vryheidsfront Plus nege en die EFF sewe.

Hy sê dit is betreurenswaardig dat die ANC die wetgewer beskou as ’n verlengstuk van die uitvoerende gesag in die Vrystaat en dat die DA as amptelike opposisie die speaker moet hof toe vat om haar sover te kry om haar werk te doen as voorsitter van die ordereëlingskomitee.

“Soos die speaker genoem het, is dit belangrik dat die reëls voorsiening maak vir gereelde vergaderings van die ordereëlingskomitee en dat die hofbevel bydra tot die doeltreffendheid van die wetgewer.

“Sy kon egter die wetgewer baie geld gespaar het as sy dit van die begin af erken het,” sê Jankielsohn.

Meer oor:  Dr. Roy Jankielsohn  |  Mangaung  |  Bloemfontein  |  Vergadering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.