Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Speaker ‘moet moles in DA-metro’s bekyk’

Mmusi Maimane, DA-leier, sê hy sal die speaker van die parlement, Baleka Mbete, nader sodat ’n dringende ad hoc-komitee die gewelddadige protesoptogte wat DA-beheerde metro’s glo tref, kan ondersoek.

plunder, betogings, kerk
Die Nederduitsch Hervormde Kerk Wesmoot is verlede Donderdag deur betogers geplunder is. Foto: Deaan Vivier

Maimane het Sondag by Constitution Hill in Johannesburg gepraat.

“Die parlement het ’n noodsaaklike rol om te speel om agter die kap van die byl van dié georkestreerde anargie te kom. Ons sal aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, skryf en haar versoek om ’n dringende ad hoc-komitee saam te stel . . . wat bestaan uit die portefeuljekomitees oor polisie, samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), asook binnelandse sake, om hul wetgewende mag te gebruik om dié saak te ondersoek,” het Maimane gesê.

Dit volg nadat daar die afgelope paar dae ’n toename in diensleweringsprotes in die Wes-Kaap, Gauteng, Vrystaat en KwaZulu-Natal plaasgevind het.

betoging, Eersterivier, Kaapstad
Betogers verlede Vrydag by die Forest Village-behuisingsprojek in Eersterivier, Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Maimane het aangevoer dat die ANC paniekerig word en die “sogenaamde shutdowns” georkestreer het omdat die party volgens hom bang is hy (die ANC) gaan sy beheer in sekere provinsies op 8 Mei verloor, wanneer Suid-Afrikaners hul kruisies gaan trek.

Maimane het gesê die optogte is deel van die ANC se verkiesingsveldtogstrategie en dat dit versterk is deur die party se president, Cyril Ramaphosa, wat Donderdag die gemeenskap in Alexandra gaan besoek het.

“Dit is bewys deur sy (Ramaphosa se) besluit om na Alex – die brandpunt van die gewelddadige optogte – te gaan en die ANC-kleure te gaan dryf en in die openbaar die shutdown goed te keur in ’n poging om burgemeester Herman Mashaba vir die ANC se diensleweringsmislukkings van die laaste 25 jaar te blameer,” het Maimane gesê.

Meer oor:  Mmusi Mai­Mane  |  Politiek  |  Betogings  |  Da  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.