Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Speaker se dreigement g’n grap, kla DA

DA-raadslede van die Dihlabeng-munisipaliteit (Bethlehem) is warm onder die kraag oor David Lengoabala, die speaker, se dreigemente en die ANC-lede se duur oorsese reise.

Lindiwe Makgalema, burgemeester van die Dihlabeng-munisipaliteit, en David Lengoabala, speaker van die stadsraad, het die opposisie warm onder die kraag oor sy dreigemente om geld by raadslede se salarisse af te trek en hulle uit raadsvergaderings te verwyder. Foto: Argief

Lengoabala het glo Vrydag in ’n raadsvergadering gedreig om die private veiligheidsmaatskappy Zero Tolerance in te roep om raadslede wat nie “gepas” optree nie te verwyder.

Eric Motloung, DA-raadslid, sê dit is nie die eerste keer dat Lengoabala hiermee dreig nie.

Tshediso Maitse, munisipale woordvoerder, sê egter die speaker het dit grappenderwys bedoel.

“Die speaker het as ’n grap gesê raadslede wat onbetaamlik optree en die raad se reëls oortree, sal verwyder word.”

Dié dreigement kom ná ’n geskil oor ’n duur oorsese reis wat Lengoabala, Lindiwe Makgalema, burgemeester, en amptenare na Brasilië wil onderneem, nadat die opposisie ’n reis na Europa gekelder het. Die DA is gekant teen die reis omdat die munisipaliteit nie geld het om basiese dienste soos instandhouding te lewer nie.

Motloung sê dis raadslede se plig om die munisipale bates te beskerm.

“Die speaker mislei die raad asof dit sy eie private kerk is.”

Volgens hom skuld Lengoabala die munisipaliteit meer as R200 000.

Maitse ontken dit. Hy sê borge betaal vir die reis en die munisipaliteit betaal net die toegelate dagtoelae.

Dit pla die DA-raadslede egter dat die borge nie geïdentifiseer is nie.

Netwerk24 het in Julie vanjaar berig oor ’n reis na Portugal en Switserland wat deur die opposisie gekeer is. Die koste sou R414 000 beloop.

Die salarisaftrekking sou op 21 Augustus in werking getree het, maar ons volle salarisse is inbetaal.

Die DA dink Lengoabala se frustrasie oor die kansellering van dié reis is die rede vir sy bevel dat raadslede 10% van hul salaris inboet.

Volgens Motloung het raadslede intussen ’n tweede brief ontvang wat lui dat die salarisaftrekking tot 15% verhoog word. Geen aftrekking is egter nog gedoen nie.

“Die salarisaftrekking sou op 21 Augustus in werking getree het, maar ons volle salarisse is inbetaal,” sê Motloung.

Maitse bevestig dat geen geld nog by raadslede afgetrek is nie.

Lengoabala en Makgamela vertrek op 5 September na Brasilië. Hulle gaan volgens Maitse beleggingsgeleenthede ondersoek en bande smee wat onder meer ekonomiese, wetenskaplike en kulturele groei kan aanvuur.

Hulle sal tot 11 September in Brasilië wees.

Meer oor:  Da  |  Dihlabeng  |  Dreigement  |  Speaker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.