Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Speaker tevrede met DA se nuwe mosie oor OB
Adv. Busisiwe MkhwebaneFoto: CONRAD BORNMAN

Die DA se nuwe mosie om van adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, ontslae te raak, “voldoen aan die parlementêre reëls”.

So het Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, Woensdagmiddag gesê.

Die DA het verlede Vrydag sy vorige mosie, wat in Desember ingedien is, teruggetrek en die nuwe mosie, met 7 000 bladsye se aanvullende bewyse, by die parlement ingedien.

Modise het dit Woensdagmiddag bevestig en aangedui dat sy ’n geskrewe uitnodiging aan die politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word, gestuur het om van voor af geskikte kandidate te benoem om in ’n eksterne paneel te dien wat moet bepaal of daar genoeg bewyse is om so ’n ondersoek teen Mkhwebane te begin.

Die partye het volgens haar nou tot 6 Maart tyd om name daarvoor in te dien.

Die partye het volgens haar nou tot 6 Maart tyd om name daarvoor in te dien.

“Die paneel van drie lede moet geskikte en ware Suid-Afrikaners wees wat gesamentlik die regs- en ander vaardighede en ervaring het om ’n voorlopige ondersoek oor die mosie te doen en ’n parlementêre ondersoek voor te stel.

“Die paneel moet sy voorlopige assessering binne 30 dae ná sy aanstelling afhandel en ’n aanbeveling aan die speaker doen.”

Volgens Modise het sy Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, se splinternuwe mosie teen Mkhwebane op 21 Februarie ontvang. Dit was vergesel deur ’n kennisgewing dat die DA sy vorige mosie wat in Desember verlede jaar ingedien is, wil terugtrek.

“Die vorige proses om ’n paneel saam te stel het dus met die onttrekking weggeval.”

Mazzone het Modise se aanvaarding van die nuwe mosie Woensdag verwelkom en bygevoeg dat dit gedoen is sodat die DA die beste saak moontlik teen die “politiek gekaapte” Mkhwebane voor die paneel kan aanbied.

Meer oor:  Thandi Modise  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.