Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Speaker vra oor relletjie tussen Shivambu, Netwerk24-fotograaf

’n Videograaf van Netwerk24 is deur die speaker van die parlement se kantoor uitgevra oor die voorval Dinsdagoggend waarin Floyd Shivambu van die EFF met hom slaags geraak het.

Dit kom nadat die EFF by die parlement in ’n relletjie met Adrian de Kock van Netwerk24 betrokke was.

De Kock en ander lede van die media het daar op nuus gewag oor die DA se tugverhoor teen Patricia de Lille, die burgemeester van Kaapstad.
Volgens De Kock het Shivambu en nog ander mans in ’n motor stilgehou en uitgeklim. De Kock het hulle toe gevra of hulle daar is vir die De Lille-verhoor of vir iets anders in die parlement.

“Die volgende oomblik het hulle gesê ek moet die foto wat ek van hulle geneem het van my kamera verwyder. Toe het hulle my toerusting probeer gryp en my rondgepluk,” sê De Kock.

Ander joernaliste het die onderonsie afgeneem waarin gesien kan word hoe De Kock teen ’n muur vasgedruk en aangeval word. Van hulle het tussenbeide probeer tree.

Henriëtte Loubser

Hierna het Shivambu-hulle weggestap.

“Ons veroordeel die aanval in die sterkste moontlike terme. Joernaliste moet hul werk kan doen sonder die vrees van intimidasie of ongevraagde aggressie. Nes die EFF die vryheid en respek van ander wil hê om hul taak te kan verrig, moet hulle joernaliste daardie vryheid gun en respek aan hulle betoon,” het Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, in reaksie op die voorval gesê.

“Ons is besig om die voorval by die Suid-Afrikaanse Redakteursforum aan te meld. Die speaker van die parlement se kantoor neem ook ’n verklaring by ons fotograaf af. Daarna gaan hy polisie toe om die voorval aan te meld en ook dokter toe om seker te maak hy het nie beserings opgedoen nie.”

Kyk hoe vertel De Kock ná die voorval wat gebeur het:

Meer oor:  Patricia De Lille  |  Adrian De Kock  |  Floyd Shivambu  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.