Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Speaker weier om vergadering teen Olly te reël

Mxolisi Siyonzana, speaker van Mangaung se metroraad, weier om ’n vergadering te reël waarop die DA ’n mosie van wantroue teen Olly Mlamleli, burgemeester van die metro, kan instel.

Pas ná ’n spesiale raadsvergadering Donderdagmiddag waarop die DA onder meer kennis gegee het van só ’n mosie wat hy wil instel, het Siyonzana in sy kantoor aan Netwerk24 gesê hy gaan dit nie doen nie. Die DA het versoek dat ’n spesiale raadsvergadering binne sewe dae moet plaasvind sodat die mosie ingedien kan word.

Siyonzana sê dit is nie dat hy die burgemeester wil beskerm nie, maar die wet is duidelik dat daar tien dae vooraf kennis gegee moet word vir so ’n mosie en dat daar spesifieke redes gegee moet word deur die party wat die mosie wil instel sodat die burgemeester haar daarop kan voorberei.

Volgens hom gebeur dit nie.

Hy sê die DA het reeds op 28 Mei vanjaar die eerste keer kennis van die mosie aan sy kantoor gegee.

“Ek het op 4 Junie vir hulle geskryf en gesê hul brief praat van beweerde oortredings van verskeie wette deur die burgemeester sonder om spesifiek te wees.

“Dit gee die burgemeester nie geleentheid om haar voor te berei nie. Dit is waarom ek nie die vergadering kan reël nie.”

In die brief van 28 Mei sê Kganakga en Kotzé, twee DA-raadslede van die metro, dat Mlamleli verskeie wette oortree het, onder meer die Grondwet, die finansiële bestuurswet vir plaaslike regerings, wet 56 van 2003, die plaaslike regering se stelselswet, wet 32 van 2000, die plaaslike regering se munisipale strukturewet en wet 117 van 1998. Sy het glo ook nie Mangaung se kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid en prestasiebestuursooreenkomste nagekom nie.

Die DA het Donderdag in sy tweede brief aan Siyonzana gevra dat die mosie binne sewe dae op ’n vergadering ingestel moet word. As dit nie gebeur nie, sal regstappe volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.