Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Speler van Griekwas verhoor oor ou vlag

Die Oranje-blanje-blou het ’n Griekwa-speler in die pekel laat beland.

Jannie Louw, president van die Griekwas Rugbyunie, het aan Rapport bevestig dat ’n wit rugbyspeler van dié unie Dinsdag verhoor sal word nadat hy met ’n ou Suid-Afrikaanse landsvlag by ’n geslote spanbousessie oor ’n rolbalbaan gehardloop het.

Die Nelson Mandela-stigting het vroeër die week ’n hofaansoek gevra dat die ou landsvlag verbied moet word en nie meer in die openbaar uitgestal mag word nie. Foto: Wessel Oosthuizen

Louw het egter ten sterkste ontken dat die vlag in die gesig van ’n swart speler gedruk is. Hy sê hy het die voorval ook dadelik by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Griekwas se tugkomitee aangemeld toe hy daarvan te hore gekom het.

Louw sê die speler het glo eers met die ou landsvlag oor die rolbalbaan gehardloop, en toe later met die huidige landsvlag. Hy sê indien die speler aan rassisme skuldig bevind word, sal daar teen hom opgetree word.

Die Griekwas wou nie die speler se naam bekend maak nie.

Die Nelson Mandela-stigting het die afgelope week ’n aansoek by die gelykheidshof in Johannesburg ingedien om die vlag te verbied. Die stigting vra vir ’n bevel dat die ongevraagde vertoning van die vlag as haatspraak, onbillike diskriminasie en teistering gegrond op ras verklaar word.

In ’n verklaring sê die stigting dat hoewel hulle glo “die vlag is deel van ons geskiedenis”, hoort dit in “museums, dokumentêre rolprente en kreatiewe werke”.

“Dit word ook gedryf deur sekere debatte met AfriForum wat daarop dui dat sekere Suid-Afrikaners steeds nie glo dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom was nie,” lui die verklaring.

AfriForum het in reaksie gesê dit sal mense se reg op vryheid van spraak skend as die vlag verbied word. “Die idee dat jy teen idees kan baklei deur ’n simbool te verbied, het nog nooit gewerk nie,” het Ernst Roets, uitvoerende hoof van AfriForum, in ’n verklaring gesê. “ ’n Mens moet met daardie mense betrokke raak en debatteer en vir hulle bewys hoekom hulle verkeerd is. Deur dit te verbied gaan niks opgelos word nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.